top of page

Afdag!



Ek het verlede week geskryf oor die dilemma, of uitnodiging (hang af hoe jy daarna kyk) wat opgesluit lê in die Prediker se woorde: Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd… Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die ewigheid in die mensekinders se harte gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.


Ons het die ewigheid (die Goddelike) en die tyd (die menslike) in ons. God het die ewigheid in ons harte geplaas (sodat ons nooit heeltemal tevrede sal wees om net binne tyd te leef nie), maar dan ook vir ons liggame en horlosies gegee wat sekere beperkings in die gesig moet staar en nie op twee plekke gelyk kan wees nie: nie die 8 biljoen ander lewenservaringe kan hê wat ek nie het met my een lewe nie.


Ek dink een van die groot geskenke – al noem ons dit ‘n gebod – wat God ons gegee het om hierdie konflik binne-in ons te kan aanvaar is die sewende dag.


Daar is ‘n storie van ‘n reisende handelaar wat sy wa op ‘n dag so oorlaai het dat sy perde dit nie verder kon trek nie. Gefrustreerd, het hy begin om sy handelsware te deursoek om te kyk wat hy kon agterlaat om sy vrag ligter te maak. Maar elke enkele item het noodsaaklik en onmisbaar gelyk. Hy kon niks weggooi nie, maar hy het nodig gehad om iets te doen. Al wat vir hom oorgebly het was om die wiele van sy wa af te haal…


Vergesog. Of is dit? Hierdie storie spreek van oorlading. Van die wiele wat afkom. Hoe goed ken ek dit nie. Daar is min woorde wat die meeste van ons se lewens so akkuraat beskryf as oorlading en haas. Ons dae is gepak en oorvol. Te veel om te doen, te veel om te dra, te min ure, te min energie en ruimte om te doen wat ons moet doen. Roosters te besig, verantwoordelikhede te veel, to-do-lists te lank en hierdie gedruktheid noop ons tot haas. Altyd agter en daarom altyd aan’t hardloop.


In al hierdie gejaagdheid is daar ‘n vorm van geweld – teen blydskap, teen verhoudings, teen verwondering en teen die eenvoudige waardering van en genot in die lewe. Soos Donald Nichol dit stel: “Hurry is a form of violence exercised upon God’s time!”



To allow one's self to be carried away by a multitude of conflicting concerns; to surrender to too many demands; to commit one's self to too many projects; to want to help everyone and everything, is to succumb to violence.

Life becomes a maelstrom in which speed and accomplishment, consumption and productivity have become the most valued human commodities.

In this trance of over- work, we take everything for granted. We consume things, people, and information. We do not have time to savor this life, nor to deeply and gently care for ourselves, our loved ones, our world. Rather, with increasingly dizzying haste, we use them up and throw them away.


Wayne Muller



Hierdie oorlading en haas word verder versterk deur die ononderbroke beskikbaarheid waarvoor ons onsself oopstel. Om 24/7 in die hande gekry te kan word. Die oorspronklike betekenis van die woord beskikbaarheid het alles te make met “disposal”, maar kom ons stel dit sagkens: om tot iemand se beskikking te wees. Om die hele Goddelike (en ek bedoel dit) tot die wêreld se beskikking te wees, is ondraaglik. So ondraaglik dat dit lei tot die illusie van onmisbaarheid, die illusie dat ek broodnodig is vir ‘n wêreld wat andersins van die honger gaan sterf.


Sabbath is a time when we retreat from the illusion of our own indispensability.

Wayne Muller


Die rede waarom ons, so uit gewoonte, onder druk en gejaagd voel, vermoed ek, is omdat ons nie meer die Sabbat heilig nie. Kom ek praat vir myself: ek dink dis so vir my. Hierdie gebod is die enigste van die tien wat begin met die woord, “Gedenk” of “Onderhou” – die Engels: Remember. So asof dit iets is wat ons weet, maar geneig is om te vergeet. Dis nie iets wat ons onmiddellik in die voet pik, soos moord pleeg en egbreuk pleeg (as ons uitgevang word) nie. Trouens, meeste mense kom “weg” daarmee om nie die Sabbat te onthou nie, want Moses het geweet: “Prosperity breeds amnesia” soos Walter Brueggemann sy mede-Amerikaners en veral die wit Evangeliste wat Trump se “America first” (wat alles te doen het met “richest”) gewaarsku het.


Ons vergeet ook Jesus se woorde: "Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.” (The Sabbath was made to serve us; we weren't made to serve the Sabbath.) Dis asof Hy wil sê die Sabbat gaan niks oorkom as jy dit nie onderhou nie; dis jy wat iets kan oorkom, of erger: nooit die oorlading en haas in jou lewe kan oorkom nie.


‘n Vriendin van my ma het nou die aand by ons kom inloer en toe sy my vra hoe dit gaan, dit goedgedink om die antwoord namens my te gee: “Besig, besig, besig, né?” Ek het net stilgebly, want dis al lankal nie meer iets waarop ek trots is nie. Toe beaam my ma, “Natuurlik, “story of her life.” Nie een van hulle het gelieg nie, nie een van hulle het kwade bedoelens gehad nie. Maar ek het omgedraai en naar gevoel. Ek het dit, vir die eerste keer ooit, afstootlik gevind. ‘n Stem in my het gesê, “Genoeg. Is. Genoeg.” Dit kan die storie van my lewe wees – hoe hartseer! – maar dit hoef nie.


Rumi het eeue terug hierdie woorde geskryf en dis asof my ingewande omgekeer het toe ek dit lees:


“What I want is to leap out of this personality And then sit apart from that leaping I’ve lived too long where I can be reached.”

Ek gaan Sondag nog ‘n paar grootharte se wysheid oor die Sabbat inspan om myself en hopelik vir jou ook te her-inner aan hierdie diep uitnodiging, wat veel meer is as net ‘n lekker leefstylvoorstel. As ek ses dae van die week “aan” is, is die sewende vir “af” wees. Hoe kan so ‘n dag lyk?


If we forget to rest, we will work too hard and forget our more tender mercies; forget those we love; forget our children and our natural wonder. So God gave us a commandment to observe the Sabbath: remember to rest. This is not a life-style suggestion, but a commandment, as important as not stealing, not murdering, not lying.

Wayne Muller


Een of ander sinis het, na hy Genesis gelees het, gesê: God did what he did for six days and then He called it a day.” Brueggemann vertel ‘n ander storie: “That divine rest on the seventh day of creation has made clear (a) that YHWH is not a workaholic, (b) that YHWH is not anxious about the full functioning of creation, and (c) that the well-being of creation does not depend on endless work.”



- Deur Frieda van den Heever

bottom of page