top of page

KURSUS OOR POSITIEWE OUERSKAP

Ouerskap is een van die belangrikste dinge in die lewe. Dit is 'n groot verantwoordelikheid maar ook 'n vreugdevolle reis. Ons ouerskapstyl en die wyse waarop ons teenoor 'n kind optree, het 'n permanente invloed op sy/haar gedrag en emosies. Wat ookal die kind nou voel oor hom- of haarself, word 'n patroon vir sy/haar lewe en is die manier waarop hy/sy gaan voel as hul volwassenes word. Met 'n bietjie kennis en behoorlike ouerskap tegnieke het jy as ouer die geleentheid om jou kind te bemagtig met ʼn positiewe selfbeeld, hope selfvertroue en positiewe gedragspatrone.


Kursus inhoud:

  • Positiewe dissipline - Vind uit watter tegnieke jy in die verlede dalk onwetend gebruik het wat jou kind negatief kon ervaar. Ons gaan gesels oor maniere om jou kind te dissiplineer sonder om te slaan of te skreeu en hom/haar te help om goeie keuses te maak, en ook oor hoe jou dissipline en gedrag as ouer die kind se verhouding met God beïnvloed.

  • Verhouding bou - Sonder 'n baie sterk verhouding met jou kind sal dit moeilik wees om dissipline toe te pas. Ons gaan kyk na 'n paar wonderlike tegnieke om jou band met jou kind te versterk.

  • Gesonde gesinne - 'n Gesonde gesin is 'n baie belangrike grondslag vir 'n kind om emosioneel, fisies en geestelik te groei. 'n Gesin het heelwat rolle, maar een daarvan is om te help dat elke individu in die gesin sal groei en tot sy volle potensiaal ontwikkel. Kom vind uit hoe jou huweliksmaat en jou kind jou knoppies tot dusver (onwetend) gedruk het en jou aanmoedig om heel te word. 

  • Emosionele hantering - Ons gaan gesels oor hoe om te reageer op 'n kind se woede, hartseer en vrese op so 'n wyse wat hom sal bemagtig en emosioneel sal versterk. Dit sal jou kind bemagtig om enige probleem in sy lewe op 'n gesonde manier te hanteer. 

  • Ontwikkelingsfases - 'n Kindjie het tydens elke ontwikkelingsfase 'n spesifieke boodskap van hul ouers nodig. Wanneer 'n kind hierdie boodskappe kry kan hy ontwikkel as 'n emosionele gesonde volwassene. Indien die kind nie die nodige boodskappe van sy ouer kry nie kan dit emosionele probleme en verhoudingsprobleme by 'n kind veroorsaak. Ons gaan gesels oor wat is gesonde boodskappe wat jou kind nodig het in elke ontwikkelingsfase.

  • Seksuele ontwikkeling - Die seksualiteit van 'n kind moet versigtig hanteer word. Kom leer meer oor die verskillende fases en hoe om elke fase te hanteer sodat 'n vertrouensverhouding met die kind geskep word.

Ouers wat kan baat vind by hierdie kursus:

  • Ouers wat hulle kind emosioneel wil versterk en baie selfvertroue wil kweek.

  • Ouers wat swanger is en ouers van 'n babatjie. Hoe vroeër mens ingelig is en goeie ouerskaptegnieke ontwikkel hoe beter fondasie word vir 'n kindjie gelê.

  • Ouers met tieners.

  • Onderwysers wat beter beheer in die klas wil hê en emosionele groei by die leerders wil sien.

  • Ouers (of onderwysers) wat sukkel om hul kind te dissiplineer.

  • Ouers wat bekommerd is oor 'n kind wat nie wil skool toe gaan nie, of van die volgende gedrag toon: baie skaam is, oormatig huil, aggressief is, min selfvertroue het, baie vrese, bednatmaak.  

  • Ouers van kinders wat geboelie word.

  • Ouers van kinders wat dramatiese ervaringe beleef het en ouers wat geskei is.

  • Ouers van kinders wat 'n geliefde aan die dood afgestaan het.

Aanbieder:

Marié Sonnekus is 'n Pastorale Terapeut van Bloemfontein. Sy is opgelei in verskillende modaliteite om kliënte te ondersteun vanaf klein kinders met emosionele en gedragsprobleme tot volwassenes met verhoudingsprobleme. Sy spesialiseer in positiewe dissiplinering en help daagliks gesinne om balans te vind hiermee.

Stories van mense wat in die verlede al die kursus bygewoon het:

“Die kursus was ongelooflik insiggewend. Wat my ook verbaas het, is hoe introspektief dit is. Ek het baie oor myself en my man geleer. Bowenal het ek besef hoe negatief ’n mens kan wees as dit kom by dissipline, sonder dat jy dit eens weet! Marie se warmte en vriendelikheid het my op my gemak laat voel en sodoende kon ek vrylik vrae vra en deel neem aan gesprekke gedurende die kursus. Ek sal hierdie kursus aan enige ouer aanbeveel.” – Karlien de Goede

 

“Wat ‘n ongelooflike ervaring en geleentheid. As ‘nuwe’ juffrou soek ek heeltyd vir soveel as moontlik tools hoe om my klas op beste manier moontlik te ondersteun, en die geleetheid was verseker ‘n hoogtepunt vir my. Van die praktiese goed wat ons daar geleer het, het ek sommer onmiddelik toegepas en ‘n verandering begin sien. Ek het net weer opnuut geleer die kompleksiteit van so klein mensie se wêreld, die “taal” wat hulle verstaan en hoe intelligent hulle regtig is. Ek beveel dit regtig sterk aan vir enige ouer, onderwyser, of enige iemand wat met kinders werk!” – Melissa van der Merwe

Volgende kursus geleentheid:

Datums: 8 & 15 September (albei Sondae moet bygewoon word)

Tyd: 14:00-18:00

Koste: R1600 per paartjie ('n R800 deposito is betaalbaar om jou plek te verseker)

Plek: Óf Stellenbosch óf Boston, Bellville  (sal nog bevestig word)

bottom of page