top of page

HUWELIKE

InVia verwys paartjies na verskeie van ons leraars vir die bevestiging van huwelike.

 

Algemene prosedure

  • Alle versoeke en aansoeke met betrekking tot huwelike moet asb aan inviagemeente@gmail.com gerig word.

  • Alle aansoeke moet insluit 1) die naam/van en kontakbesonderhede van die betrokke paartjie, 2) die datum van die seremonie, 3) indien moontlik, die tyd en venue/stad/dorp/provinsie van die seremonie en 4) die keuse van leraar.

  • Die keuse van leraar hang van die beskikbaarheid van leraars af. Julle keuse word wel in ag geneem, maar indien julle eerste keuse nie beskikbaar is nie, kan die leraar van julle tweede keuse die huwelik voltrek. Instemming van ’n spesifieke leraar om plegtigheid waar te neem, is onderhewig aan verandering, agv onvoorsiene omstandighede wat mag plaasvind.

  • Op hierdie stadium bied InVia nie ’n formele voorhuweliksekurses aan nie, maar die volgende word sterk aanbeveel: 

    • Twee boeke​ van Harville Hendrix: Getting the love you want en Keeping the love you find. (Beskikbaar by Cum Boeke of Exclusive books.)

    • 'n Enneagram kursus wat aangebied word deur Wilma Geyser.

    • 'n Strenghtfinder sessie by Rialette Du Plessis.

  • Na ’n spesifieke leraar vir die spesifieke datum bevestig is, sal die paartjie  gevra word om die aansoekvorm in te vul (beskikbaar as attachment hieronder) en die dan so gou as moontlik te stuur aan inviagemeente@gmail.com

  • In die tydperk voor die seremonie sal die sekretaresse met die betrokke paartjie in kontak tree om die volgende adminstratiewe sake af te handel (nie later as 2 weke voor die troudatum nie):

    • Die reël van ‘n afspraak vir die paartjie met die betrokke leraar vir ’n gesprek mbt die voorgestelde leesstof, vir vingerafdrukke en om die finale reëlings vir die troue af te handel (stuur asb e-pos aan die sekretaresse met 3 alternatiewe datums en tye wat jul sal pas. Sy bevestig dan watter datum en tyd die leraar sal pas).

    • Die volgende dokumente moet asb aan die sekretaresse gestuur word, nie minder as twee weke voor die troudatum nie (geskandeer per e-pos, waar moontlik, of persoonlik aan die betrokke leraar op die dag van die afspraak) :

      • Gewaarmerkte afskrifte van ID’s (bruid, bruidegom en twee getuies - twee getuies word benodig om die huweliksregister op die troudag te teken – hulle moet ouer as 18 wees).

      • Drie ID foto’s (bruid, bruidegom)

      • Afskrif van die prokureursbrief rakende huweliksvoorwaardes/huwelikskontrak (indien van toepassing).

      • Persone wat geskei is moet ’n afskrif van hul skeibrief voorsien (let daarop dat proses van registrasie van huwelik heelwat langer as normaalweg sal neem).

      • Wewenaars en weduwees moet ’n afskrif van die doodsertifikaat voorsien (let daarop dat proses van registrasie van huwelik  heelwat langer as normaalweg sal neem).

      • Indien een van die partye wat in die huwelik bevestig word, ’n buitelander is, moet 1) die paartjie die sekretaresse duidelik in kennis stel, sodat sy die nodige dokumentasie kan verkry wat deur die paartiie geteken moet word, en 2) moet die betrokke party’n amptelike bewys van sy/haar huwelikstatus vanaf sy/haar konsulaat, ambassade verskaf.  

      • ‘n Padkaart na die lokaal waar die huwelikseremonie sal plaasvind.

 

Vir verdere inligting rondom kostes, leraars, ens., epos gerus inviagemeente@gmail.com.

bottom of page