top of page
Transplanting Succulents

KURSUSSE | ENNEA-GROEI

Die doel van die Enneagram was nooit om net vir ons ons nommers te wys nie – dit is baie meer as net ‘n lys van 9 verskillende persoonlikhede. Meer belangrik as net hoe ons van mekaar verskil, wys dit vir ons 9 maniere hoe ons verdwaal en kontak verloor met God en wie ons werklik is.

Dit ontbloot die 9 maniere hoe ons ego onbewustelik vir onsself jok oor wie ons dink ons werklik is of behoort te wees, maar gelukkig wys dit ook 9 maniere hoe ons vry kan kom van daardie illusies en die pad “huis” toe na ons Ware Self.

 

Ons het verskillende Geestelike Groei Geleenthede wat jou kan help op hierdie reis van ontdekking om meer vanuit jou Ware Self te leef.

Ons bied Ennea-Groei geleenthede om jou reis met die Enneagram te verdiep:

Dit bestaan uit 4 Modules (1 per kwartaal). In elke module sal daar nuwe kennis wees oor die Enneagram soos Virtues, Fixations of Holy Ideas maar ook hoe Jesus se leringe en die Bybel ons help met die reis na ons Ware Self. Ons sal ook ‘n tyd spandeer  aan geestelike practices en hoe om die kennis toe te pas in my eie lewe.

Kontak Wilma indien jy belangstel in die volgende geleentheid vir die Ennea-Groei.

bottom of page