
DROOMGROEP
Drome is ‘n spontane simboliese ervaring wat ek in my innerlike wêreld beleef tydens my slaap. Binne die Judeo-Christelike tradisies is daar geglo dat die bron God is. Dit is duidelik dat daar binne hierdie tradisies erns gemaak is om drome te verstaan en God se wil binne dit te soek.
Vandaar die woord: ‘’Droomwerk”. Daar is ‘n Joodse gesegde wat sê: “A dream unexamined is like a letter unopened”, of anders gestel: Drome sonder droomwerk is onvoltooide drome. Indien dit wel ‘n brief is wat God aan ons stuur, is dit soveel meer belangrik dat ons daardie brief belangrik ag, en dit lees! Daar is oorweldigende klem in die Bybel op die rol van drome en visioene in mense se lewens. (Gen 15:12-21, Gen 28:10-22, Gen 37:5-11, Gen 40-41, 1 Kon 3:5-15, 1 Sam 3:3-14, Job 4:12-21, Jes 6:1-13, Ese 1:4- 3:3, Ese 37:1-14 , Dan 2-4, Luk 1:11-20, Matt 1:20-21, Luk 2:8-14, 19-20, 22, Matt 3:16-17, Luk 9:28-36, Hand 9:3-9, Hand 10:3-21, Hand 16:9, 18:9, 23:11, 27:23. )
Dit is duidelik dat God deur drome ons:
-
nader bring aan ons eie lewens;
-
roeping en verantwoordelikheid verhelder;
-
bewus maak van wat God in die wêreld doen;
-
nader aan Hom bring;
-
insig en leiding gee; onbewustelike dele, bewustelik maak;
-
angs en vrese wil vervang met liefde, hoop en selfbeheersing;
-
heel maak sodat ons heelheid aan ander kan skenk.
Vir meer inligting, epos die InVia kantoor by inviagemeente@gmail.com