top of page

Wanneer jy geloof verloor



Groei is ‘n menslike verskynsel wat byna deur alle wetenskaplike dissiplines bestudeer word. Menslike ontwikkeling, wêreldbeskouings, geestelike ontwikkeling, bewussyn, en vele ander dissiplines dui op herkenbare fases van groei.

Dit is betekenisvol aangesien dit ons help om beter te verstaan waar ons is, en waarheen die Here ons uitnooi om te leef binne die tyd en gawes wat aan ons gegee word.

Sondag gesels ons oor die derde fase. Jy kan dit noem: “Slegs vir volwassenes!” Jou geloofsreis het begin met eenvoud. Wit en swart. Geloof is in jou sekerheid. Die tweede fase was moeiliker want jy besef alles is nie wit en swart nie. Jy word verstrengel in soveel vrae, en jy pobeer harder om jou sekerheid in jou geloof te kry. Dan kom 'n fase van ontreddering. In menslike ontwikkeling sal ons dit 'n “mid-life”-krisis noem.

Daar word baie gepraat van die eerse helfte van jou lewe en die tweede helfte van jou lewe. Ontreddering help jou om die essensie van ons lewe in God raak te sien. En alles raak te sien wat ons dink ons kan red. Hierdie fase vra vir nederigheid, en die erkenning van my eie ego-kragte (in Bybelse terme: vlees) wat aan my Vryheid belowe.

Hierdie fase is my Goeie Vrydag wat die belofte bring dat die opstanding vir my wag…



- Deur Theo Geyser

bottom of page