
It Happens All the Time in Heaven
It happens all the time in heaven,
And some day
It will begin to happen
Again on earth –
That men and women who are married,
And men and men who are
Lovers,
And women and women
Who give each other
Light,
Often will get down on their knees
And while so tenderly
Holding their lovers hand,
With tears in their eyes
Will sincerely speak, saying,
"My dear,
How can I be more loving to you?
How can I be more kind?"
Hafiz
Verslawing het baie gesigte en kan beskryf word as enige konsekwente gedragspatroon en denke wat ons genesing, heelheid, teenwoordigheid en om meer ons ware self te wees, belemmer. Hierdie gesigte kan verslawing in talle rigtings neem, sommige meer “op die neus” en skadelik as ander: alkohol en dwelms, koop (en soms verkoop), uithonger of ooreet, versorging en mede-afhanklikheid, godsdiens en rigiditeit, rassisme en dwepery, projeksie en skuld, oefen en werk, woede en mishandeling, oordeel en oordink, hebsug en alle vorms van geweld ens. ens.
Sommige van hierdie verslawings ontvang openlike applous van die gehoor en ander sal die dorp se tonge so bietjie meer loskry, maar dit blyk dat die verslawing waaroor mense die meeste swyg en nie na die lig wil bring nie, te make het met seks.
In die briljante film Triangle of Sadness sit ‘n couple aan by ‘n restaurant en wag vir mekaar om die rekening te betaal. Die spanning bou op om verskeie redes en wanneer die man ten einde laaste die olifant in die vertrek ‘n naam gee, sê die meisie: “But it’s so unsexy to talk about money.”
Net soos oor godsdiens en seks. En tog is dit die maak-of-breek-goed. Dis diep onsexy om oor seks te praat. In die slaapkamer (dis mos nie iets waaroor mens praat nie, jy doen dit – dit moet net gebeur) en in die belydenisbooths. Mense sal baie goed erken voor hulle erken dat hulle op ‘n manier ‘n slaaf van seks is. Veral in die kerk, om vanselfsprekende redes. Baie van wat ons glo oor seks kan teruggeneem word na ons kinderjare en ons idees oor God en godsdiens. As jy grootgemaak is met die beeld van God as ‘n ou man met ‘n baard wat op ‘n wolk sit en staar na mense se geslagsdele om te kyk wie hy kan uitvang, gaan dit ‘n wesenlike invloed hê op jou seksualiteit en sensualiteit en hoe jy jou eie liggaam en dié van ander beskou.
En as ons dan nou móét praat oor liefde en seks is die idee sowaar nie om jou nog meer skuldig te laat voel nie: die verdeeldheid teen die liggaam is ‘n skeiding van die juiste krag wat ons in wording laat kom het. Dink vir ‘n oomblik hoe skadelik dit is: dat daar ‘n verdeeldheid of ‘n skeiding opgerig word teen dieselfde aksie waaruit ons elkeen voortgebring is. Die verwonding is diep. En die genade groter: Ronald Rolheiser vertel van ‘n man wat byna 20 jaar verslaaf was aan alkohol en seks. Hy het egter baie goeie beheer oor die res van die sy lewe gehad sodat niemand sou agterkom nie. Hy kon dit regkry om op ‘n uiters hoë vlak te funksioneer in sy professionele lewe en sy verhoudings het op die oog af in takt gebly, maar die dubbele lewe en die daaglikse angs het hom ingehaal. Na hy uiteindelik hulp gekry het en sober was vir 3 jaar was sy woorde “I see colour again.” En ek glo dis die groot uitnodiging van die evangelie. Dis nie ‘n uitnodiging in hierdie monotone wit-en-swart wêreld van wie’s reg en wie’s verkeerd nie. Dis ook nie ‘n vonnisoplegging van een of ander aard nie.
Is jou liggaam nóg ‘n plek van slawerny en ingehoktheid of is dit ‘n vaartuig van bevryding? ‘n Tempel waarin aanbid word, gedans word, liefde gemaak word? Kan ons werklik glo dat ons liggame geskep is met dieselfde waardigheid as dié van Christus? Het ons werklik vir God nodig gehad om dit fisies – soos die kinders sê: let-ter-lik – vir ons te kom wys? Inderdaad. Dis hoekom die woord moes vlees word.
Dis ‘n lewe van kleur. ‘n Avontuur waarin God ons uitnooi om die wildheid, die energie, die potensiaal, die vrugbaarheid, die skeppingskrag wat opgesluit lê in liefde in sy volheid te kan ervaar.
Is dit nie elke mens se diepste verlange nie? Of ons dit nou wil erken, of selfs bewus is daarvan, of nie. Ons het ‘n ingebore behoefte na eenwording met ander mense. Ons het ‘n behoefte om, gestroop en weerloos, voor ‘n mens of mense, wel eintlik die ganse mensheid, te kan staan en om nie skaam te wees vir die oë wat na ons toe terugkyk nie. Selfontsluiting en weerloosheid laat ons toe om deur die koue klankgrense van oppervlakkige ordentlikheid en “niceties” te breek tot in die vlammende domein van ware intimiteit.
Seks is ‘n ander woord vir hierdie verlangende uitdrukking na eenwording, na heelheid. Seks is die Godgegewe wyse waarop ons tydens ons aardse bestaan ons verlange na die hemel, waar ons sonder skaamte kan wees, uitdruk.
Dit is eintlik dat.
“Dit” kan een van die grootste gawes wees op die pad van heelheid en eenwording en bevryding van skaamte – om “dat” te kan sien, maar “dit” kan ook een van die grootste vorms van slawerny wees, ‘n valse god. Seks kan die soeke wees na iets wat vermis word, óf die uitdrukking van iets wat gevind is.
‘n Leemte óf ‘n oorvloed.
“Sex is not the search for something that’s missing. It’s the expression of something that’s been found. It’s designed to be the overflow, the culmination of something that has been found in each other. It’s a celebration of this living, breathing thing that’s happening between the two of them.”
Rob Bell
Dis ‘n tawwe een dié: hierdie menswees wat nie heeltemal dierwees óf engelwees is nie. Daar is soveel verwonding hierin. Dit word óf opgeblaas óf afgesny en albei is ewe seer.
For An Addict
A Blessing
On its way through the innocent night,
The moth is ambushed by the light,
Becomes glued to a window
Where a candle buns; its whole self,
Its dreams of flight and all desire
Trapped in one glazed gaze;
Now nothing else can satisfy
But the deadly beauty of flame.
When you lose the feel
For all other belonging
And what is truly near
Becomes distant and ghostly,
And you are visited
And claimed by a simplicity
Sinister in its singularity,
No longer yourself, your mind
And will owned and steered
From elsewhere now,
You would sacrifice anything
To dance once more to the haunted
Music with your fatal beloved
Who owns the eyes of your heart.
These words of blessing cannot
Reach, even as echoes,
To the shore of where you are,
Yet may they work without you
To soften some slight line through
To the white cave where
Your soul is captive.
May some glimmer
Of outside light reach your eyes
To help you recognize how
You have fallen for a vampire.
May you crash hard and soon
Onto real ground again
Where this fundamentalist
Shell might start to crack
For you to hear
Again your own echo.
That your lost lonesome heart
Might learn to cry out
For the true intimacy
Of love that waits
To take you home
To where you are known
And seen and where
Your life is treasured
Beyond every frontier
Of despair you have crossed.
- John O’Donohue
To Bless the Space Between Us: A Book of Blessings
- Deur Frieda van den Heever