top of page

Siel Kundig - Wat vra my siel van my?



Die volgende paar weke wil ons die geheime van die siel verken. In die Ou Testament word die woord vir siel, "nepesh" meer as 700 keer genoem, en in die Nuwe Testament word "psyche" meer as 100 keer genoem. Vir Jesus was dit ook nie ‘n vreemde begrip nie.

 

"Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld wen en sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?" (Markus 8:36-37).

 

Jesus leer ons dat die manier hoe ons omgaan met die lewe (wêreld) het ‘n bewese effek op ons siel. In bogemoede vers is twee goed baie belangrik: Ons kan ons siel skaad. Dan leef ons sielloos. Wanneer die siel afgeskeep of geïgnoreer word maak die siel sy verskyning in verslawings, obsessies, geweld en verlies aan betekenis. Ons kan ons siel terug (of los) koop sodat ons “soulful” kan lewe.

 

Jou siel is die bloudruk van jou lewe. Die leidende beginsel wat jou laat word wie jy moet wees. James Hilman het dit die “acorn theory” genoem. Die akker het inherente wysheid om te akkerboom te word. Jou siel is waar jy hoort, jou plek in die wêreld. By plek bedoel ek nie geografies nie maar meer my verhouding tot alles in en om my. Elke objek, dier, verhouding, plant, argitektuur, musiek, ens het ‘n plek nodig waar hy hoort. Heavy Metal musiek hoort nie by ‘n begrafnis nie, en ‘n mens plant nie ‘n wingerd teen 'n snelweg nie.  


“The soul is that aspect of your whole being that correlates, integrates, and enlivens everything going on in the various dimensions of the self” Dallas Willard

 

Ons gesels Sondag oor wat jou siel van jou vra. Eerstens gaan ons probeer om 'n beter verstaan van die siel te kry. Ek kan hom of haar net oppas as ek weet wat die adres is en waar my siel floreer. Tweedens na praktiese raad wat ek kan doen om te luister na my siel. 

 

''Neither religion nor psychology really honors the human soul. Religion is forever trying to save the soul and psychology is always trying to fix the soul. The soul needs neither to be saved nor fixed; it is already eternal – it just needs to be listened to.'' James Hillman


Theo Geyser




bottom of page