top of page

Het jy die reg om kwaad te word?


Die meeste van ons het seker al gehoor van Chris Louw se ope brief “Boetman is die bliksem in” wat hy aan Willem de Klerk geskryf het. Pieter Fourie het dit later in 'n drama oorgeskryf. Die brief is ‘n tipe kataris van woede, nie teenoor ‘n Afrikaner identiteit nie, maar eerder ‘n toksiese Afrikaner manlikheid wat veral in apartheid gesien was, en dan ook later in die Swart elite in die nuwe Suid-Afrika waaroor Chris gewroeg het.


Duisende mense was voor Chris al kwaad vir die regering en kerk, en duisende na Chris se dood waar hy tragies sy lewe geneem het met ‘n AK47. En ek is bevrees die woede eskaleer teen ondenkbare afmetings. Graça Machel, oud president Mandela Nelson se weduwee het op begrafnis van 27 jarige seun, Mido Macia, ‘n Mosambiekse taxibestuur wat deur die polisie 500 m agter ‘n motor aangesleep is, net omdat hy gestry het oor die verkeersoortreding, die volgende gesê: “SA is an angry nation. The aggression is rising”.


Baie ons is nie net krities nie, maar ook kwaad. En dit vir ‘n baie goeie rede. Die bitter polarisasie in kerke en die regering, oneerlike selfsug, en afwesigheid van respek en deursigtigheid wakker die gode van wraak binne ons aan.


Moet ons kwaad word?


Natuurlik, want God word ook kwaad. Jesus vleg immers 'n sweep. Die Bybel leer ons “Word toornig, maar moenie sondig nie” Ef. 4:26. Ons het hulp nodig met die tweede gedeelte van die teks. Wanneer woede ontspoor skeur dit los van die oorsprong wat uit God is. Sonde beteken om jou doel te mis. Woede kan met ander woorde misplaas word en die verkeerde destinasie bereik.


Ons gesels Sondag oor hoe woede 'n gawe in my lewe kan word wat terug neem na sy oorsprong: Liefde. Ons word tog net kwaad vir dit wat ons naby aan die hart lê en waarvoor ons werklik omgee.


"ANGER is the deepest form of compassion, for another, for the world, for the self, for a life, for the body, for a family and for all our ideals, all vulnerable and all, possibly about to be hurt. Stripped of physical imprisonment and violent reaction, anger is the purest form of care, the internal living flame of anger always illuminates what we belong to, what we wish to protect and what we are willing to hazard ourselves for. What we usually call anger is only what is left of its essence when we are overwhelmed by its accompanying vulnerability, when it reaches the lost surface of our mind or our body’s incapacity to hold it, or when it touches the limits of our understanding. What we name as anger is actually only the incoherent physical incapacity to sustain this deep form of care in our outer daily life; the unwillingness to be large enough and generous enough to hold what we love helplessly in our bodies or our mind with the clarity and breadth of our whole being."

David Whyte


- Deur Theo Geyser




bottom of page