top of page

Droom weer: oor onskuld



Die dissipels moes weer droom na die kruisiging. Hulle het van 'n ander koninkryk en Jesus gedroom as wat God aan hulle wou voorstel. Die goeie nuus na die opstanding was dat hulle weer begin droom het, en die keer is dit ongelooflik mooi en net soveel groter! Ons lewe is ook nie anders as die dissipels nie.


Drome moet ook deur 'n opstanding gaan.

As jy wil weet wat 'n droom is, kyk net na kinders. Hulle is spontaan, het soveel idees, ywer en vuur, en ook hoop om enige iets te kan word of wees. Ongelukkig, soos wat die ouderdom jou omhels word die drome ook versmoor.

Ons verloor die kind en die vuur in ons.


Ons gesels Sondag oor Saul. Hy is slim, sterk en 'n ongelooflike mens en is die aangewese keuse dat die Here hom aanstel as die koning van Israel. Dan word hy ouer, sinies en bedreig. Hoe verloor hy sy koningskap? Deur jaloesie. Die woord in Latyn beteken letterlik “full zealous”. Dis 'n ywer en ook 'n tipe donker vuur. Dit is die vuur wat jy steel. As jy nie jou eie stem, outoriteit of vuur het nie, steel jy dit van ander. Hy probeer dit van Dawid steel. Maar die spies wat hy gooi na Dawid is ook die ding wat hom doodmaak, hy val in sy eie spies en sterf.

Die spiese wat ons gooi is die verlies van onskuld en ons eie drome wat stagneer het.

Dit vra dat ons weer begin droom...


“There is within us a fundamental dis-ease, an unquenchable fire that renders us incapable, in this life, of ever coming to full peace. This desire lies at the centre of our lives, in the marrow of our bones, and in the deep recesses of the soul. At the heart of all great literature, poetry, art, philosophy, psychology, and religion lies the naming and analysing of this desire. Spirituality is, ultimately, about what we do with that desire. What we do with our longings, both in terms of handling the pain and the hope they bring us, that is our spirituality . . . Augustine says: ‘You have made us for yourself, Lord, and our hearts are restless until they rest in you.’ Spirituality is about what we do with our unrest.”

― Ronald Rolheiser



- Deur Theo Geyser

bottom of page