top of page

Die toekoms kan die verlede verander



Meester, U is skoon.

Meester, iets verniel my.

Maar Meester, U is skoon...

en iets verniel my


Sheila Cussons


Ook: Adam en Eva. En Dawid. En ek.


Soms is dit eers as ons God gewaar, dat ons bewus word van dinge in die verlede wat ons siel verniel, dinge wat nou aan ons karring, dinge wat ons verhoed om werklik die toekoms tegemoet te gaan.


In Psalm 32 sien ons watter effek skuld en skuldgevoelens op ons as mense het:

Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag; want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed.

Skuld teer aan mens se bene, dit bly by jou soos ‘n gebrul wat jy nie stilkry nie, want dit kom van binne, dit steel jou krag soos op die warmste dag in Februarie se middaguur. Dit speel oor en oor. Dit trek jou bors toe. Maak ‘n woestyn van jou keel. Jy beweeg tussen mense soos ‘n spook. Een met te veel klere aan. Of make-up. Of prestasies. Of ruim skenkings. Of watookal jy gebruik om jou naaktheid te bedek. Jy voel verlate in jou eie huis. Besete van … ag, jy’t nie krag vir dink nie, noem dit sommer die duiwel …


"I don't think people have demons, I think they have themselves and things they aren't ready to be honest about yet. It is not easy to come to grips with the fact that we're capable of hurting people with the same instrument we love them with. The heart is a hungry wolf and it is made of glass."


King Longton


Wie van ons sal nie wil teruggaan in tyd om iets te verander wat ons gesê of gedoen het nie? Of iets wat ons nie gesê of gedoen het nie? Hetsy dit net gelei het tot vernedering of dalk die einde van 'n huwelik of vriendskap of loopbaan beteken het ... vir party mense, die einde van 'n lewe (iemand anders s'n).


Maar dis natuurlik net in die realm van fantasie of wetenskapsfiksie wat dit moontlik is om terug te gaan in tyd. Of is dit?


In alle beskawings vloei tyd van gister na vandag na môre. Die verlede bepaal die hede en die hede bepaal die toekoms. Oorsaak en gevolg; iets het gister of laasjaar of tien jaar terug gebeur en as gevolg daarvan sal iets vandag gebeur en dit op sy beurt lei na wat môre gebeur. Die verlede bepaal die toekoms. Maar in Judaïsme (skryf Rav Yosef Soloveitchik) staan die saak so: die toekoms bepaal die hede en definieer die betekenis van die verlede.

Was iets 'n tragedie wat geloof vernietig het of was dit 'n aansporing tot groei wat geloof versterk het? Was iets ‘n fout of was dit ‘n leerervaring? Ons kan nie daardie vrae antwoord deur bloot te kyk na die gebeurtenis nie. Ons kan gister net verstaan in die lig van wat ons kies om te doen aan vandag en môre.


Terwyl Freud ons geleer het dat ons gevorm word deur ons kinderervarings, leer Soloveitchik ons dat ons gevorm word deur ons visie vir die toekoms en deur ons toekoms te kies, kan ons teruggaan en ons verlede definieer (‘n ander naam gee).

Daar is uiteraard nie ‘n time machine nie, nie ‘n worm hole in die ruimte-tyd-kontinuum wat ons in staat kan stel om 80 jaar terug te reis na voor-oorlogse Duitsland en die Holocaust te keer om te gebeur nie. Ook nie een wat apartheid uit ons geheue kan wis nie (daarvoor het ons sommer nog die hede ook om te bedank) . Maar ons kan vandag en môre keuses maak vanuit ons visie oor watter soort mens ons wil wees en in watter soort wêreld ons wil leef en daardie keuses kan die betekenis van die Holocaust verander (ons het lewende voorbeelde daarvan). Dalk selfs van Apartheid, soos die WVK ons op radikale wyse geleer het. Dit kan nie die 6 miljoen gemartelde Jode en die baie miljoen onderdruktes in SA terugbring nie, maar dit kan die betekenis wat toegevoeg word aan hulle lewens en hulle sterftes bepaal.

En tog dink ek as mens aan meeste mense die keuse wou gee om ‘n uur van hulle lewe oor te leef, sou min maar eerste dink aan geopolitiek. ‘n Hele wavrag van persoonlike spyt sou eerder opkom – argumente wat onnodig was, kanse wat nie gevat is nie, woorde wat jy sekondes na dit oor jou tong geval het wou terugtrek. Dieselfde geld vir jou en vir my:


Jy is nie ‘n gevangene van jou verlede nie; jy is die argitek van jou toekoms.


Harold Kushner


Ons gaan Sondag gesels oor terugkeer. Nie as ‘n ekstra dingetjie in ons geloofslewe nie, maar as dié weg. Ons praat so dikwels oor vergifnis in die kerk en verskuif die onus onmiddellik na die “slagoffer” en die werk wat hy/sy – soms heeltemal voortydig – moet doen. Sondag gaan ons fokus op die maniere waarop ons elkeen wegkruip, ons naaktheid bedek en hoe Psalm 32 ons wys dat God nie ons sonde kan bedek as ons dit nie ont-dek nie. As jy dink dit klink na ‘n neerdrukkende besigheid, verstaan jy nog nie terugkeer nie. Soos die ou wat geleef het asof daar nie ‘n God is nie en asof daar nie goed en kwaad in die lewe is nie en gesê het “Guilt is petty bourgeouis crap” en toe iemand doodgemaak het en nie met homself kon saamleef nie omdat sy gebeente uitgeteer in hom gebrul het en al sy krag verdwyn het en na jare homself gaan opgee het by die polisie, homself as’t ware ingeboek het vir ‘n lewenslange tronkbesoek … en toe onmiddellik gevul is met ‘n soort blydskap … hy beskryf dit so: “Dis asof ek my heel eerste asemteug kon vat. Asof ek nooit gelewe het tot op daardie oomblik nie.” Dan lyk “lewenslank” na ‘n avontuur teenoor die vonnis waarmee hy in vryheid saamgeleef het voor dit.

'n Return to sender …


Daar's 'n skrif in die Bybel wat vir my ongelooflik bemoedigend is: Jesus sê dit van 'n vrou met 'n slegte reputasie (lees: baie redes om terug te keer), maar of en: een wat vir Hom baie lief was.


"Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief.


Luk. 7: 47


... her many sins have been forgiven; that's why she loved much. But the one who is forgiven little, loves little."


Hoe meer ek aan die ontvangkant van vergifnis staan, hoe meer ek diep berou betoon en anderkant my klein gedagtes leef, hoe meer ek omdraai, hoe meer kan ek liefhê, hoe groter is my kapasiteit om lief te hê. Jy kan nou so mense bekyk wat goeie lovers is, en ek praat nie net van tussen die lakens nie, liefhebbers van die lewe, dan kan jy maar weet: hulle geheim is dat hulle al baie vergewe is. Dat hulle al meesters in esse kap, in omdraai is. Dat hulle weet die toekoms kan die verlede verander.



James Hollis skryf die volgende brief aan 'n vrou wat 'n moeilike besluit aangaande haar huwelik moes neem en die verwerping van haar hele geloofsgemeenskap en gebrek aan begrip van haar vriende daarmee saam moes ervaar.


Dear ... Heather

This is the famous "dark night of the soul" described by St. John of the Cross centuries ago. Going through it is one requirement of an election in which suffering is the price of the ticket to rebirth. The collapse of the "false self" is painful indeed, but it is also how the Self begins to emerge from underneath all the attitudes and adaptations required in the past. This death/rebirth, and this difficult "in-between" is how you get yourself back again, how to begin to bring who you are, really are, into this world. The former is in service to fear management, understandably; the latter is in service to Divinity.


You are a loving and lovable human being, and a great soul. Please try not to view your life through the window of this rapidly moving train. You need to walk forward, enter the engine room, look out the window, and steer the thing ahead. The past is past, and is trailing behind us. The future is rushing toward you, asking that you be ready for it. It will ask much of all of us, and we are summoned to be willing participants in the making of this future.


- Deur Frieda van den Heever

bottom of page