Dawid in Covid: Amen; Lewe


Ons is anders. Ons het verander. Ons het geleer lewe met verlies, met onsekerheid, met sterker óf stukkende verhoudings, met maskerwonde (dis 'n puisie wat nie daar was voor jy jou masker aangesit het nie en onmisbaar is na jy dit 'n paar ure later afhaal), met minder hulpbronne en meer vakmanskap, maar bowenal met diep respek en agting vir Lewe.


"For to lose my life is to find Life" vertaal Nan Merrill 'n vers uit Psalm 18.

Die lewe het sin verloor en die Lewe het sin ge-máák. Leestekens verander alles. Tekens van Lewe word oral gesoek.


Hierdie gedig van Dawna Markova het my heel dikwels agtervolg die afgelope jaar en ek het dit sommer nou die dag vry vertaal:


Ek sal nie 'n ongeleefde lewe leef nie.

Ek sal nie in vrees lewe hetsy om te val óf aan die brand te slaan nie.

Ek kies om my dae te bewoon,

om my lewe toe te laat om my oop te maak,

om my minder bang te maak,

meer toeganklik;

om my hart so vry te maak

dat dit 'n vlerk word,

'n fakkel, 'n verdrag.

Ek kies om my waardigheid te waag,

om so te lewe dat dit wat by my aankom as saad,

na die volgende kan gaan as bloeisel,

en dit wat na my toe gekom het as bloeisel,

kan aangegee word as vrug.


Ons het nou, meer as ooit, harte nodig wat vlerke word, fakkels aansteek en verdragte sluit. Bewoonde dae. Geleefde lewens.


Ek gaan Sondag gesels oor die dikwels miskende, of meer ongebruikte leesteken wat Engelse 'n semicolon noem (dis effe anders as 'n halwe kolon of een wat jou opdraande gee) en ons sommer 'n kommapunt. Baie skrywers is skrikkerig om dit te gebruik, so speel dit maar eerder veilig met 'n lighartige komma of 'n uiters finale punt of 'n skreeuende uitroepteken. Dis dalk hoe die lewe werk, maar nie hoe die Lewe werk nie. Die Psalms het gelukkig, soos alles anders in die lewe, ook die kommapunt omhels en kwistig gebruik, want Dawid het nie weggeskram van paradokse en teenstellings nie. Sy God was sy brug tussen al hierdie teenpole - dié wat hy in die wêreld gesien het en veral dié wat hy in homself kon eien. Die Psalms maak nie 'n godsdiens uit die mens se beter oomblikke nie. Vandaar die kommapunte.


For I pursued my fears and faced them

and did not run back until I was free.

I saw each one through, so that they were not able to rise;

they were transformed by Love.


Ps. 18 (Nan Merrill)

Soos Lewis Thomas, die fisikus en digter gesê het: "The semicolon leaves a pleasant little feeling of expectancy; there is more to come; read on; it will get clearer." Seker ook om hierdie rede dat dit die simbool van geestesgesondheid en bewuswording geword het en dat die organisasie Project Semicolon gerig is daarop om ondersteuning te bied aan mense wat sukkel met verslawing, selfbesering, selfdood en geestesongesteldheid. "It represents continuance. Authors usually use the semicolon when they choose not to end the sentence."


In praise of the semicolon

Never put a period,

or colon or even a comma

where God put a semicolon.

Unlike the settled-

before-its-time

period

or the colon's

invitation to see all

possibilities

or the exclamation point's

screaming, insistent

finality

or even the lighthearted

comma with its sabbath pause

the outrageous

semicolon holds

us in the middle

without yielding to one

thing or the other.

It's so easy to get lost

along the way where

there is so much

pushing and pulling.

God I believe;

Help my unbelief.

Amen; Life.

Terry L. Chapman