top of page
laura-kapfer-hmCMUZKLxa4-unsplash.jpg

WAT DOEN ONS | TUSSEN DIE LYNE

Daar is niks wat ons lewe raak soos woorde nie.

Inteendeel, ons leer God ken omdat Hy met woorde na ons lewe kom!

Elke geloofstradisie het deur die eeue die waarde van lees baie hoog geag. Hulle het ook geglo dat jy kan lees (lectio) en die goddelike (divina) daarbinne ontmoet. Vandaar die geloofsgewoonte Lectio Divina (lees gerus ons web oor hierdie geloofsgewoonte).

 

Dit is wat ons met "Tussen die Lyne" droom - om die gees of hart tussen die woorde van skrywers en God te ervaar.  Ons leesrooster probeer ook die hart van gemeenskap verwoord waar ons beter woorde soek na kontemplasie en aksie. 

Ons beplan om ’n boek elke maand lees. Dit mag dalk wees dat die groep besluit dat ons een boek elke twee maande lees.  

 

Ons kom bymekaar om in ’n veilige spasie ons opinies, vrae en ervarings te deel en waar ander luister en nie ‘fix' nie. 

 

Tussen die Lyne...

  • Skep 'n veilige spasie vir elkeen se siel.

  • 'n Uitnodinging om van ‘n kopspasie na ‘n hartspasie te beweeg.

  • Handhaaf 'n bewustheid van die ander in die groep – probeer die mense in die groep te verstaan - watter kaarte elke ander persoon vashou.

  • 'n Spasie om jou eie ervaring te deel – jou eie kaarte te wys.

  • Skep 'n spasie vir elkeen en nooi jou uit om dinge ook van ‘n ander perspektief te sien.

  • Nooi jou uit om van Ek-stellings gebruik te maak en jou eie ervarings te deel!

  • Ons hou dit kort om elkeen die geleentheid te gee om te deel.

 

Die doel van hierdie groep is ten einde ‘n dieper konneksie met mekaar, met jouself en met God.

         

 

Tans ontmoet ons via Zoom, maar ons beoog om gedurende hierdie jaar ook in persoon bymekaar te kom. 

 

Enige iemand is welkom!

Indien jy belangstel in hierdie begeleidings-sessies kontak asb vir Anna-lize by 082 518 9947 of anna-lize@asah.co.za 

bottom of page