VROUERETREAT 2022

InVia se jaarlikse vroueretreat is elke keer 'n hoogtepunt. Vroue van verskillende ouderdomme en lewensfases kom bymekaar en die pragtige sinergie en ontploffing van energie wat dit meebring, is inspirerend.

Die Vroueretreat bied aan ons elkeen ’n kans om intensioneel tyd opsy te sit om werklik aandag te gee aan dit wat jou eie lewe vir jou wil sê. Om weer bestek op te neem van ons besige lewens en te luister wat die Stem van vrede onder die malle gejaag vir ons wil sê. Om tot verhaal te kom, of net 'n asem te skep. Om jou siel ruimte te gee om 'n slag haar opwagting te maak en veilig genoeg te voel om juis dit te doen.

Die naweek sal baie stiltetyd, ruskans en tyd in die natuur (soos die weer ons toelaat) insluit.

Datum: 12 tot 14 Augustus

Plek: Christian Brothers' Centre, Stellenbosch

Koste: R1970pp wat deel (indien jy alleen wil slaap is dit R180pp ekstra)

Deposito van R800 om jou plek te bevestig. 

Wildeganse

 

Hou op om so hard te probeer goed wees.
Jy hoef nie die hele Namib op jou knieë 
deur te kruip om om vergifnis te smeek nie.
Die sagte dier van jou menslyf is gemaak
om lief te hê wat sy liefhet.
Vertel my van jou wanhoop, joune, en ek vertel jou myne.
Intussen gaan die lewe aan
Intussen beweeg die son en die helder reëndruppels
oor die landskappe,
oor die vlaktes en diep woude,
die berge en riviere.
Intussen is die wildeganse hoog in die skoon blou lug
op pad huis toe.
Wie jy ookal is,hoe eensaam ookal,
die wêreld bied homself aan vir jou verbeelding,
roep na jou soos die wildeganse, kras en opwindend
oor en oor 
kondig hulle jou plek aan
in die familie van dinge.

 

Mary Oliver (vertaal deur Mona Marais)

"Whoever you are, no matter how lonely,

the world offers itself to your imagination..."

- Mary Oliver