VROUERETREAT 2019

InVia se jaarlikse vroueretreat is elke keer 'n hoogtepunt. Vroue van verskillende ouderdomme en lewensfases kom bymekaar en die pragtige sinergie en ontploffing van energie wat dit meebring, is inspirerend.



Die Vroueretreat bied aan ons elkeen ’n kans om intensioneel tyd opsy te sit om werklik aandag te gee aan dit wat jou eie lewe vir jou wil sê. Om weer bestek op te neem van ons besige gejaagde lewens en te luister wat die Stem van vrede onder die malle gejaag vir ons wil sê. 

Hierdie jaar gaan ons saamwees sentreer rondom verlange en spesifiek vroue en verlange. Wat is die jou diepste hunkering en wat is die kollektiewe hunkering wat ons ons vroue "geërf" het? Hoekom lyk vryheid en verlange soos 'n paradoks? Hoe kan die vrae wat Jesus gestel het jou diepste dryfvere ontmasker en oorvloediger lewe in jou oopbreek?

Wat soek julle? (Joh. 1:38)

Waarom het jy My gesoek? (Luk. 2:49)

Wat wil julle hê moet ek vir julle doen? (Mark. 10:36)

Wat wil jy hê moet ek vir jou doen? (Mark. 10:51)

Die Franse psigoanalis, Jacques Lacan, het 'n ongemaklike stelling gemaak: "Women want to be wanted, not to be loved." Waarmee hy bedoel het dat vroue ten diepste verlang om begeer te word eerder as om geken te word. Ons gaan hierdie stelling ondersoek in die lig van Jesus se verhouding met Maria Magdalena, praat oor seks, die rol wat jou liggaamsbeeld speel in hoe jy jouself (ge)dra, die mite van Mev. en vele ander goed wat dalk in ons pad staan - of dalk juis ons pad ís - na groter liefde vir onsself, ander mense en God.

Die naweek sal baie stiltetyd, kans vir rus, tyd in die natuur asook die nodige pamperlangtyd insluit. 

Datum: 26 tot 28 Julie

Koste: R980pp

Plek: Christian Brothers' Centre, Stellenbosch

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Kontaklys:

 

Theo Geyser | Spanleier | Kampusleraar

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Pierre du Plessis | Kampusleraar

Francois van der Merwe | Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Karlie Liebenberg | Sekretaresse

Kantoortelefoon nommer: 021 882 8339

Alle regte voorbehou © 2019 InVia Gemeente  |  ONDERSTEUN INVIA