

Wat is Viridis?
Die afgelope paar jare het daar ’n groot groep jonger mense (dis nou "jonger" as die algemene ouderdom van 40+ wat InVia Stellenbosch meestal bywoon) InVia begin besoek en besluit om ons gemeente hul tuiste te maak. Om diegene tussen ±20 en ±40 jarige ouderdom te beskryf, het die naam “Viridis” navore gekom. In Latyn beteken dit letterlik “groen”, en ook figuurlik jonk, vars, of (om te) blom.
#Adulting (soos die millenials volwassenheid en die verantwoordelikhede daarby noem) is moeilik.
Die “grootmenslewe” wat deur ons ouers ervaar is, en aan ons oorgedra is, lyk vandag heeltemal anders. Uit gesprekke het ons besef dat baie van ons op soek is na tools en mense wat saam met ons dié lewe van #Adulting kan verken. Dié van ons wat al ouers is, wonder dalk oor hoe ons ons kinders in vandag se millieu moet grootmaak. Van ons wil ook net saam kuier en mekaar binne ons ouderdomsgroep en lewensfase in die InVia gemeenskap leer ken.
Die droom is dat Viridis ’n plek/groepering/bediening kan word waar ons kan kuier, waar ons diep verhoudings kan bou, en waar ons saam geestelik kan groei. Singles, Couples, Families… Almal is welkom!
Vir meer inligting oor Viridis, kontak gerus vir Francois by francoisvdmerwe@me.com
Een maal per maand kom ouers van jong kids in 'n kleingroep in persoon bymekaar rondom verskillende temas in ouerskap.
Een maal per maand kom daar sirkels (kleingroepe) in persoon bymekaar om saam te eet en om op verskillende temas te reflekteer.
Een maal 'n kwartaal reis ons weekliks vir 4/5-weke saam op Zoom vanaf 19:30 rondom 'n spesifieke tema/video reeks.