VAKANTE POSTE
Sekretariele pos beskikbaar
Verantwoordelikhede:
-
Op Sondae tydens skoolkwartaal:
-
Koördinering van die vrywilligers en lokale
-
Wees 9:00vm op die Sondagoggend by Protea Hotel in Technopark om te koördineer en te help dat lokale, klank, tafels en stoele reg is vir elke groep se lesse;
-
Gee Sondag les by een van die ouderdomsgroepe;
-
Help met opruim na die tyd en kratte terugneem
-
-
In die week:
-
Stel ‘n rooster op en reël dat daar elke Sondag genoeg medewerkers of ouer(s) is om te help by ‘n groep kinders.
-
Afrol en maak van spesifieke materiaal wat nodig is vir elke groep se les vir elke Sondag. (Ons kerkkantoor is by 11 Suid-ooster straat, Jonkerspark. Afrolmasjien is by die kerkkantoor.)
-
Aankoop van lesmateriaal en hulpmiddels wat nodig is vir elke Sondag se les;
-
Pak elke groep se trommel met alles wat nodig is vir die spesifieke les vir Sondag en neem dit saam kerk toe.
-
Werksure:
-
Elke Sondagoggend vanaf 9:00vm tot 11:00vm of wanneer diens klaar is.
-
Ongeveer 3-4 ure in die week vir voorbereiding, aankope, afrol, lesmateriaal, medewerkers reël ens. Dit is flexi-tyd en vanaf enige plek.
-
Tydens skoolvakansies of lang naweke is daar geen kinderkerk of ander verpligtinge nie.
Vergoeding:
-
Vergoeding sal bespreek word. Geen verantwoordelikhede of vergoeding in skoolvakansie.
Proeftydperk:
-
Aangesien elke week se voorbereiding sal verskil na gelang van die verskillende aktiwiteite wat gebruik gaan word vir ‘n les, is die tye slegs ‘n raamwerk. Ons kan op ‘n proeftydperk van 4 weke werk en dan bepaal of die werksure en vergoeding voldoende is.
Sluitingsdatum: 31 Desember 2021