top of page

WAT DOEN ONS RETREATS

Die woord retreat beteken letterlik om ‘terug te trek’. Dit is ‘n tyd van rus en refleksie waar ons ons daaglikse roetines onderbreek om ons aandag op God te vestig.

 

Dit is ‘n eeue-oue praktyk van afsondering in die Christelike tradisies waar ons krag en onderskeiding ontvang om met passie en deernis ’n inspirerende lewe te leef wat ’n verskil maak.

Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag. — Jes 30:15

 

Ons skep verskeie geleenthede en spasies waar jy in stilte meer bewus kan word van God IN en OM jou.

 

Stildae of Practice of Silence: Tydens hierdie oggende word jy begelei met verskillende “practices” om in die natuur God in stilte te ervaar.

 

Labirint: Dit is ’n metafoor vir ons “op pad” wees. Om ’n labirint te stap is ’n eenvoudige “practice” om meer in kontak te kom met jou ware self en God wat die middelpunt is.

 

Retreat: ’n Wegbreek van die gewone roetine om vir ’n naweek in die natuur te rus, te mediteer en stil te word.

bottom of page