Writing by the Water

WAT INSPIREER ONS | 'n Psalm van...

Om jou eie Psalm te skryf...

Ons is opgewonde oor ons projek om Psalms vanuit ons Gemeenskap te versamel en in te sluit in ons Sondag Liturgie.
Ons nooi jou uit om meer te lees oor die projek, en jou Psalm met ons te deel via epos.

Psalm-riglyne geskryf deur Frieda van den Heever:

Monnike sing die Psalms al vir baie jare. Al 150 daarvan. 'n Tyd terug is daar besluit om van die Psalms wat te gewelddadig of klaerig of "skokkend" is uit die monnike se repetoire te verwyder en net die mooi, gelukkig Psalms te hou. Kort voor lank het hulle agtergekom die monnike raak rusteloos en geïrriteerd met mekaar. Toe sit hulle maar weer die "minder mooi" Psalms terug en wonder bo wonder het die monnike teruggekeer na 'n beter, meer vreedsame ritme en saamwees.

 

Dit is belangrik om die hele anatomie van menslike gevoelens te hê en om dit te kan uitdruk teen God se bors. Dit is presies wat die Psalmdigter ons wys. Van uitskreeu in pyn en woede tot sing, dans en vrolik juig. Ons kan AL ons emosies in God se teenwoordigheid uitdruk. Lofprysing EN lament!

 

Dit kan baie help om jou eie Psalm te skryf.

Jy hoef nie 'n digter te wees om dit te doen nie.

Hier volg so paar wenke van wat jou Psalm kan insluit:

  1. ‘n Naam of titel gevolg deur jou naam (bv. My sielstorm - 'n Psalm van Antjie)

  2. ‘n Aanspreeknaam vir die Anderkantnaam (God) waarmee jy gemaklik voel en wat vir jou natuurlik kom (Here, Liefde, Lig, Vrede, Visarendjie van God - soos N.P. van Wyk Louw Christus beskryf)

  3. Iets wat jy nie regtig wil sê nie (waaroor jy skaam is of geheim wil hou oor jouself)

  4. ‘n Emosie (angs, vrees, vreugde, woede ens.) gekoppel aan ‘n

  5. Liggaamsdeel / orgaan bv. ek is oorstelp, my niere lê op die grond / my bors sit in my keel (jy kry die prentjie)

  6. Iets uit die natuur - ‘n beeld of metafoor (reën, wind, rivier, klip, bokkie)

Probeer om jou eie Psalm te skryf met hierdie bestanddele. In jou eie taal.

Daar is nie 'n regte of verkeerde manier om dit te doen nie. Geen moets en moenies nie. Dit kan so kort soos Psalm 131 wees of so lank soos Psalm 119. Dit hoef nie te rym of enige ritme in te hê nie, maar as jy so bedraad is kan jy probeer om dit te sing of te toonset. Dit kan ook baie eenvoudig wees.

'n Psalm in jou eie woorde

Hier is 'n mooi voorbeeld uit Psalms for Praying, An Invitation to Wholeness deur Nan Merrill:

Psalm 120

In my distress, I cry to You, that You may come quickly to comfort me.

Be strong in me, that I might face the darkness,

the despair that rises up from the depths.

I am bowed down with remorse, for my inappropriate choices.

Forgive me, O Healer, for all my betrayals to others and to my own soul.

Forgive me, O Healer.

Bless my tears, that flow like a stream,

running to meet the living waters of Your love.

Too long have I lived by my ego,

my desires blinding me to Your love.

I yearn to live in peace. Come quickly,

strengthen me, as I face the illusions within.

Maart IG Posts (2).png

“The psalms train us in honest prayer.”

- Eugene Peterson