"Waar is God... in dié tyd sonder tyd?"


John Ortberg wat gementor is deur Dallas Willard vertel hoe hy wat Ortberg is op die punt van uitbranding was as predikant van ‘n mega-gemeente, en toe hy vir Willard bel om hom te vra vir raad oor hoe hy weer die beste weergawe van homself kan wees, was dit Willard se woorde:

“Hurry is the great enemy of spiritual life in our day.

You must ruthlessly eliminate hurry from your life.”

En, soos ons maar is, altyd op soek na nog ‘n teksversie of ‘n one-liner, sê John toe “O oukei, en wat nog?”

En toe bly Dallas Willard weer lank stil, soos sy gewoonte was, en sê: "Daar’s niks anders nie. Dis al."

Lockdown het vir die meeste van ons die illusie van rustigheid voorgehou omdat baie van ons dalk minder besig was. Maar die hurry waarvan Willard praat, die haas, die oorhaastigheid is nie dié van lewensomstandighede nie. Daar’s niks fout daarmee om besig te wees en baie dinge gedoen te kry nie. Gejaagdheid, aan die ander kant, is ‘n innerlike kondisie. Ek het saam met my geestelike begeleier in ‘n gesprek tot die besef gekom dis ‘n “binnebewe”. Wat vloei uit ‘n soort vrees vir nie genoeg wees nie. Want op die oppervlak lyk baie van ons rustig en onder beheer, maar binne beef dit. Ek was so paar weke terug baie geaffronteerd toe my man vir my sê ek is effe freneties. Freneties, ek? Ek is nie, ek is kalm, ek is vrygees, ek vloei … tot ek iewers deur die week gewaarword: Leon doen alles in slow-motion. As ek aan tafel vir hom vra om vir my iets aan te gee, kom die sout in slo-mo na my toe, as ek agter hom loop in die gang om vinnig te gaan piepie want ek kan nie meer knyp nie, loop hy in slo-mo. Tot ek hom daaroor uitvra, vas oortuig van hierdie nuwe bewuswording van my, het hy sowaar vir my gesê dat hy die een is wat teen ‘n normale spoed beweeg … en my herinner daaraan dat my naam, die een wat my ouers my gegee het, “Vrede” beteken en dat ek kort voor lank nie gaan weet wie ek is as ek so aangaan nie…

nie gaan weet waar God is as ek so aangaan nie. En ek vermoed ek is nie enig in my soort nie. Dis ‘n klimaat waaraan ons blootgestel is.

Today, a number of historical circumstances are blindly flowing together and accidentally conspiring to produce a climate within which it is difficult not just to think about God or to pray, but simply to have any interior depth whatsoever … We, for every kind of reason, good or bad, are distracting ourselves into spiritual oblivion. It is not that we have anything against God, depth, and spirit, we would like theses, it is just that we are habitually too preoccupied to have any of these show up on our radar screens. We are more busy than bad, more distracted than nonspiritual, and more interested in the movie theater, the sports stadium, and the shopping mall and fantasy life they produce in us than we are in the church. Pathological busyness, distraction, and restlessness are major blocks today within our spiritual lives.

Ronald Rolheiser

Vir baie van ons is die groot gevaar nie dat ons gaan afstand doen van ons geloof nie. Dis dat ons so gejaagd en afgetrokke – preoccupied – gaan word dat ons sal tevrede wees met ‘n middelmatige weergawe daarvan. Ons sal net so nou en dan inloer by ons lewens in stede van dit bewoon, dit leef. Ons is so afgetrokke dat ons nie gewoon nie betrokke kan wees by ons eie lewe nie.

Iemand het so vraelys opgestel van hoe om jouself te identifiseer as ‘n moontlike patologiese besigweser en daar was goed op die lys soos: as jy by die winkel in die ry moet gaan staan, dan scan jy eers gou watter een is die kortste (ek het gedog almal doen dit, dis logies), as jy op pad is na die rooi robot toe, dan bekyk jy gou vinnig al die lane om te sien in watter een gaan jy naaste aan voor wees (vanselfsprekend!), as jy so multi-task dat jy al die tasks vergeet het … en so gaan die lys aan. Ek het net regmerkies gehad vir daai vraestel. Ons spot altyd so, as Leon ‘n oranje lig sien, trap hy briek, dis vir hom – vreemd, ek weet, ‘n teken om te stop. As ek ‘n oranje lig sien, trap ek petrol, dis vir my ‘n baie duidelike teken van die heelal om te gaan. Freneties, patologies besig. Meeste van my spoedboetes, B.C. (before Covid) was op pad kerk toe of op pad terug van die kerk af.

Die kerk. Die liggaam van Christus. Mense wat op pad is. Op die weg met die naam Jesus. En as ek vir jou vra wat die laaste ding is wat jy sou assosieer met Jesus, sou dit definitief nie partytjies of die verkeerde vriende of anti-gay plakkate wees nie. Nee, as mens mooi dink sou dit haas, oorhaastigheid, gejaagdheid wees. Dink jou vir ‘n oomblik in – ‘n haastige Jesus…

If you want to experience the life of Jesus, you have to adopt the lifestyle of Jesus.


John Mark Comer

Ons gaan Sondag gesels oor die leefstyl van Jesus. Die “ongeforseerde ritmes van genade” wat ons so broodnodig het om vry en lig te kan leef … om God te kan sien en hoor en ruik en voel en proe. Hier op aarde. In mekaar.

“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”


Matt. 11:28-30 MSG


Geskryf deur Frieda van den Heever

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA