top of page

Verskuilde verslawings: Mensverslawing



Hierdie week vertel Schalk Burger dat daar iets baie groter is as om die wêreldbeker te wen. Dit is om huis toe te kom met die wêreldbeker! Die ontvangs, liefde en erkenning van die juigende skares is oorweldigend. Ek verstom my ook aan die ouers wat hulle kinders uit die skool gehaal om ook die Bokke terug te verwelkom. Elke kind wat dit sien se grootste droom sal ook wees om eendag met die beker deur die skare te loop. En, dit is nie die kinders nie, maar ook vir ons wat ouer is.

God het ons so gemaak. Ons kan nie sonder die liefde en goedkeuring van ons geliefdes leef nie. Skares sal ons altyd bekoor. Ons word en is alleen mens wanneer ons liefde ontvang en dan ook liefde gee.

Dan ook die paradoks. Elkeen wat al sy eie “wêreldbekertjie” gedra het sal ook weet dit gaan gou verby bloot omdat mense en omstandighede ons behoefte aan liefde net gedeeltelik kan vervul. Indien ons die wêreldbeker elke maand wen dit gou vervelig raak.

Ek moet my diepste liefde en erkenning in God vind. Daar moet 'n dag kom wat ek begin leef vir 'n gehoor van een, en nie meer die skares nie... Indien dit nie gebeur nie sal ek verslaaf word aan mense en permanent besig wees om my eie wêreldbekertjies te probeer wen. Jou godsdiens en geloof sal niks absoluut niks vir jou beteken nie.

Dink maar Aäron wat Hoëpriester is, ‘n ongelooflike mens en leier en dan liederlik faal omdat ‘n afgod maak vir die volk omdat hulle dit van hom eis omdat Moses te lank op die berg vertoef het. Het hy dan sy eie opinie nie? Kan hy nie nee sê nie? Moet hy hom in die beste lig probeer stel nadat Moses kwaad word en volk sleg maak? Moet hy goed sê wat die volk se emosies reguleer sodat hulle goed kan voel?

Hy kan nie anders nie. Hy is verslaaf aan mense.

Ons gesels Sondag oor mensverslawing en gaan kyk na Skrifte wat ons help om van ons eie “wêreldbekertjies” verlos te word.

“Nietemin het selfs baie van die lede van die Joodse Raad tog ook tot geloof in Hom gekom, maar uit vrees vir die Fariseërs het hulle dit nie openlik bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie; want hulle het verkies om liewer deur mense geëer te word as deur God.” Joh. 12:42-43

“Am I now trying to win the approval of human beings, or of God? Or am I trying to please people? If I were still trying to please people, I would not be a servant of Christ.” Gal. 1:10



- Deur Theo Geyser

bottom of page