Jou siel het seën nodig. En nodig om te seën. Dis nie net ‘n Bybelse ding nie, dis ‘n mensding. Dis nie net ‘n geestelike daad nie, dit sluit die liggaam en hart en verstand in. ‘n Groot deel van die “christen-kultuur” stel seëninge – #blessed – gelyk aan voorspoed, gesondheid en oorvloed. Terwyl dit sekerlik ‘n versoeking is om sulke geskenke te verbind aan die guns van God, hou dit ‘n verraderlike gevolgtrekking in: dat dié vir wie die voorspoed nie verveel nie (soos ons mense dikwels op hulle verjaardae “seën”), dié wat siek is en gery word deur die ongeluk of gebrek aan oorvloed – dat diegene nie die seën van God ontvang het nie. Seëninge draai dikwels hierdie wanopvatting op sy kop, soos Jesus in die bergpredikasie. In plaas daarvan om ‘n barometer of maatstaf van God se guns te wees, ontmoet ‘n ware seën ons meestal in die plek van ons grootste nood, desperaatheid, pyn of tekortkoming. ‘n Seën soek ons dikwels op waar dit moeilik geword het om die voorsiening van God raak te sien – daai tye wanneer God se welwillendheid nie altyd so wel voel nie. Waar die goed waarvan pyn en verlies en dood gemaak is, juis die inhoud word van hoop.
Seën lyk dikwels soos ‘n paradoks. Dit spruit uit en is diep gewortel in die rou materiaal van ons lewe – die werklikheid en die oomblikke wat dit beslaan – maar, of eerder, én: dan sê dit ook: daar’s meer. Dit belig die verband tussen die heilige en die gewone, prent dit by ons in dat elke oomblik, elke plek, elke mens lê binne die sirkel van God se om en ommer en omste gee. Seëninge is dikwels poëties, polsend met ritme en vol woorde wat ons aandag gevange neem en wakker maak vir die heilige wat in ons midde aan’t werk is. Tog is daar geen magic aan ‘n seën nie. ‘n Seën wil ons nie fix nie. Dit sal nie, op sig self, die oplossing bied vir ons pyn of moeilikheid of die skade ongedaan maak wat ons gemaak het of ontvang het nie. Dis ‘n kanaal van genade wat die kapasiteit het om jou oë oop te maak sodat jy die uitgestrekte arms kan raaksien en herken van die Een wat jou in liefde geskep het en Wie se diepste hunkering dit is om jou heel te laat wees. ‘n Seën tap in jou begeerte na wat anderkant jou ervaring en begrip lê en jou tog laat sien hoe misterie kom huis opsit binne-in die bekende kontoere van jou lewe.
Uitgestrekte arms. Oop hande. Nie net om jou tot hulp te snel en na jou óm te sien nie, maar om jou te síén. God het die aarde gesien en geseën toe Hy dit geskep het: “… en God het gesien dit is goed.” God het Jesus geseën aan die begin van sy bediening met die woorde, “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.” ‘n Seën sê, “I delight in you. You give my joy.” Om jou te verlekker in iemand se teenwoordigheid, behae te skep in iemand, verruk te word, vermaak te word, verbly te word.
So om te seën moet ook en veral buite die mure van kerke gebeur – in die huis, in die slaapkamer, in die klaskamer, by die werk, in jou kommentaar op mense se kommentaar van iemand anders se kommentaar op sosiale media en nie net vir iemand wat lyk asof hulle lus het om dit te ontvang nie. Neem die meeste tieners as ‘n voorbeeld (al veralgemeen ek nou hier met die lewensfases) of die knorpot saam met wie jy ‘n huis deel (nog ‘n stoute aanname). Hoe minder dit lyk asof iemand geseën wil word, hoe meer het sy siel seën nodig:
When the young people in our lives give us the impression that they neither want nor need our blessing is precisely the time when, ironically, they probably need it the most. Their very aloofness is partly a symptom of the lack of blessing in their lives and a plea for that blessing.
We need to give that blessing. When we bless the young, especially when it seems that they do not want our blessing, we help lift a congenital constriction off of their hearts, like a mother cow that has just given birth to a calf turning around and licking the glue-like constricting afterbirth off of her young.
Ronald Rolheiser
Ons gaan Sondag ‘n seëndiens hê en gesels oor hoe ons op enige gegewe tydstip iemand kan seën of vloek met ons teenwoordigheid, ons woorde en ons afwesigheid.
“Ek is maar net hier” is ‘n mite. Jy is nooit maar net hier nie. Vra die mense wat op eiers geloop het in my huis vir ‘n paar dae verlede week. Ek het nie veel gepraat nie (het eintlik maar min daai behoefte), maar my stiltes was gelaai. Nie met blomme nie. Jy kan deur jou blote teen-woordigheid vir iemand sê, “Ek skep behae in jou, jou blote bestaan, dat jy hier is, is vir my ‘n bron van vreugde.” of “Jy’s nikswerd, jy irriteer my, jou bedrading clash met myne, die klank wat jou siel maak raas.” Jy beliggaam seën of vloek.
En met jou woorde:
Follow, poet, follow right
To the bottom of the night,
With your unconstraining voice
Still persuade us to rejoice;
With the farming of a verse
Make a vineyard of the curse,
Sing of human unsuccess
In a rapture of distress;
In the deserts of the heart
Let the healing fountain start,
In the prison of his days
Teach the free man how to praise.
W.H. Auden
As ons die taal van die siel, waarvan seën so ‘n integrale deel vorm, kan leer praat (met stilte, gebare en woorde), kan selfs ons afwesigheid – dalk net vir ‘n kort reis, of die langer soort wanneer ons nie meer ‘n liggaam hier op aarde het nie – vir mense tot seën of vloek wees.
Hierdie gedig van Merrit Malloy raak iets diep in my aan:
Epitaph
When I die
Give what’s left of me away
To children
And old men that wait to die.
And if you need to cry,
Cry for your brother
Walking the street beside you.
And when you need me,
Put your arms
Around anyone
And give them
What you need to give to me.
I want to leave you something,
Something better
Than words
Or sounds.
Look for me
In the people I’ve known
Or loved,
And if you cannot give me away,
At least let me live on in your eyes
And not your mind.
You can love me most
By letting
Hands touch hands,
By letting bodies touch bodies,
And by letting go
Of children
That need to be free.
Love doesn’t die,
People do.
So, when all that’s left of me
Is love,
Give me away.
Frieda van den Heever
Commenti