LENT: AANBIDDING - Minder van myself, meer van Hom.




Christene is ateïste.


Hierdie was die aanklag teen van die eerste Christene in die tweede eeu vanuit die Romeinse ryk. Dit het die verstand van die Romeine te bowe gegaan dat hierdie groepie mense nie tempels het nie, nie ‘n beeld van hulle god in die panteon wou sit nie, en nie al die verskillende gode, insluitende die keiser, aanbid het nie.


Hulle moes dan ateïste wees, mense van geen god, mense wat glad nie aanbid nie.


Ek moet saam met Len Sweet stem en sê dat ons as mense altyd iets aanbid, Christene of nie, dit is amper onmoontlik vir ons om nie ‘n objek of ‘n persoon of ‘n Opperwese te vereer nie. Die mens is so aanmekaar gesit. Sweet gaan selfs verder en sê dat ons glad nie in ‘n sekulêre samelewing woon nie, maar eerder in ‘n ‘sacralising’ samelewing. Hierdie samelewing verklaar alles wat dit aan raak, heilig. Van beroemdes, sportsterre, politikuste, en dieëte. Alles kompleet met ‘n teologie, priesters, rituele, denominasies en gesange.


Ons bly in ‘n wêreld met baie gode.


In Johannes 4, ons teks vir Sondag, het Jesus die langste gesprek wat ons van Hom op rekord het oor spiritualiteit en aanbidding met ‘n Samaritaanse vrou. Die gesprek met haar is ryk, met lae en lae betekenis. Die kort van die lank is, Jesus sien haar vir wie sy werklik is en omdat dit gebeur sien sy dan Hom vir wie Hy is, ‘n profeet, die Messias.


In die Johannes evangelie is sien ‘n metafoor vir redding. Dit is dan dat sy die gesprek oor aanbidding begin. Kontemplasie is om te kyk, dit is letterlik wat die woord beteken. Gebed begin met kyk, sien.


Lent is ‘n tydperk van introspeksie, om met ‘n eerlike blik te kyk na ons harte, na ons motivering om uit te kom by ware aanbidding, by aanbidding wat lewegewend is, wat ‘n reaksie is op strome lewende water wat uit ons binneste begin vloei as gevolg van die een wat ons, ons kyk op laat val.


Sien Sondag


Pierre

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA