top of page

Gesoek: dood én lewendig



Ek weet almal wil van Vrydag vergeet en by Sondag uitkom, maar kan ons net vir ‘n oomblik stilstaan by gister. Sondag se gister. Stil Saterdag.


Die dag tussen die doodgaan en die opstaan.

Die dag wat ons roep om die angs en die hoop in dieselfde hart vas te hou.

Die dag wat ons uitnooi om verstom te staan dat gebreekte harte kan aanhou klop. Dat ons - God alleen weet hoe - kan aanhou asemhaal.


In the Breath, Another Breathing

For Holy Saturday


Let it be

that on this day

we will expect

no more of ourselves

than to keep

breathing

with the bewildered

cadence

of lungs that will not

give up the ghost.


Let it be

we will expect

little but

the beating of

our heart,

stubborn in

its repeating rhythm

that will not

cease to sound.


Let it be

we will

still ourselves

enough to hear

what may yet

come to echo:

as if in the breath,

another breathing;

as if in the heartbeat,

another heart.


Let it be

we will not

try to fathom

what comes

to meet us

in the stillness

but simply open

to the approach

of a mystery

we hardly dared

to dream.


Asof in die asem, ‘n ander wat asem haal. Asof in die hartklop, ‘n ander hart. Of in Leonard Cohen se tydlose woorde: “The Heart beneath is teaching to the broken heart above.” Of in Paulus s’n: Want ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my.


Life is the destiny you have bound to refuse

until you have consented to die.


W.H. Auden


Anders gestel: jou volgende lewe gaan jou hierdie een kos. 

Life will be the death of you, op ‘n ligte noot.


En God was nie geneë daarmee om van iewers ver God te “speel” en ons oor te laat aan ons eie lot nie. God was nie tevrede om net gesoek te word wanneer ons God nodig het of in die moeilikheid is of as al die ander afgode niks meer vir ons kan doen nie. God wou nie (net) geken word aan Sy almag nie, maar aan medelye, oënskynlike magteloosheid, menslikheid. God wou hierdie pad vír ons kom loop, die kosmiese bloudruk bevestig en herskep: daar is geen "opvaar na die hemel" sonder die "ter helle neerdaal" nie. Toe Pilatus Jesus vir die volk gebring het, het hy aangekondig, “Aanskou die mens.” Ecce homo. As mens intensie by die woorde sit, sal dit dalk beter vertaal word as “Hier’s hy” (neutraal) of “Hier’s die vent” maar al het hy dalk nie eens heeltemal geweet wat hy sê nie, is dit dit: Kyk hoe lyk ‘n mens. Die mensste mens wat nog ooit gemens het. Die Seun van die Mens, soos Jesus na Homself verwys het, terwyl hy seker net sowel altyd ‘n punt daarvan kon maak om Seun van God as sy titel voor te hou. Wat seker die vraag voor elkeen van ons hou: hoe sien jy Jesus? Hoe kyk jy na Jesus? En hoe bepaal dit jou uitkyk op die lewe, op die dood en op ander mense.


Die ewolusionêre teoloog, Michael Dowd, het geskryf, “God is realiteit met ‘n persoonlikheid.” As jou teologie (jou siening, jou dink, jou woorde oor God) nie jou antropologie (jou siening, jou dink, jou woorde oor mense) verander of nuwe lewe daarin blaas nie, is dit net ‘n koptrip.


“God (in Christ) became the bearer of flesh (for a time) so that humanity could become the bearer of Spirit forever.”


Athanasius


Gaan beoefen die opstanding. “Practice resurrection,” soos Wendell Berry sê. Hierdie heelal soek mense wat "ken van" dood en daarom "ken van" lewe.


Ons besorgdheid oor die lewe ná die dood gooi 'n skaduwee op die lewe vóór die dood.


"Is there life before death? That is the question!" 

Anthony de Mello



Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.

Matt. 28:6 



As jy op soek is

na 'n seën,

moenie hier rondhang nie.


Hier 

is net 

'n leemte,

'n holte,

'n dop

waar eens op 'n tyd

'n seën was.


Hierdie seën

was nie tevrede

in sy gevangenskap nie.


Hierdie seën kon nie verlief neem

met sy isolasie nie,

die onverbiddelike stilte,

die drukkende stank

van dood.


So as dit 'n seën is 

waarna jy op soek is,

maak jou eie mond oop.


Vul jou longe 

met die lug 

wat hierdie 

nuwe môre bring


en laat dit dan vry

met 'n uitroep.


Hoor hoe die seën

uitbreek

in jou eie stem,


hoe jou eie lippe

elke woord vorm

wat jy nooit gedroom het

om te uiter nie.


Kyk hoe die seën

terugsirkel,

hoe dit vra 

dat jy dit herhaal,

maar harder,


hoe dit jou trek,

hoe dit jou dring,

hoe dit jou stuur

om sy enigste woord

te verkondig:


Opgestaan.

Opgestaan.

Opgestaan.


Jan Richardson (vry vertaal)



- Frieda van den Heever

bottom of page