Gee ons vandag ons Daaglikse Brood


"The Our Father contains all possible petitions; we cannot conceive of any prayer not already contained in it. It is to prayer what Christ is to humanity. It is impossible to say it once through, giving the fullest possible attention to each word, without a change, infinitesimal perhaps but real, taking place in the soul."

Simone Weil


Ek het vasgehou aan hierdie gedagte die afgelope tyd. Want Simone Weil, die Franse filosoof en politieke aktivis (1909-1943), behoort te weet. Sy was 'n vrou van honger. Sy het 'n diep hunkering na God gehad en hierdie intense verlange het haar verhouding met materiële dinge problematies gemaak. Sy het egter nie iewers in 'n grot op 'n berg gaan sit en teer op visioene en afsondering nie. Haar motto was "Gravity AND Grace". Albert Camus het haar die enigste groot gees van die tyd genoem. Haar Vader was werklik Onse Vader en nie net "My persoonlike saligmaker" nie. Selfs as 'n kind was sy gefrustreerd met haar ouers en hulle met haar omdat gemak vir hulle "'n gelukkige einde" beteken het en sy reeds op die ouderdom van vyf geweier het om suiker te eet (what kind?) solank as wat die soldate in die oorlog nie suiker gehad het om te eet nie. Sy is diep geraak deur die oorlog en die sin van menslike ellende wat deur haar beskermde milieu laat breek het en haar patroon van reaksie, wat die res van haar lewe sou duur, het reeds op hierdie ouderdom begin: om haarself te ontsê van dit wat die mense wat die minste voorregte gehad het, nie kon hê nie.

Honger en hunkering. Ook die tema van ons tyd. Veral hierdie week in ons land. Die woord "hunkering" spruit uit die Latyns wat letterlik beteken "om moeilik asem te haal". Ook word die woord "hurk" nadergehark in hierdie verband. Soos die profeet Elia wat na die top van die Karmel opgeklim het, op die aarde gaan hurk het en sy gesig tussen sy knieë gehou het (ek dink hy moes gereeld joga om dit te kon doen).


So ek die afgelope weke nie meer geweet hoe of wat om te bid nie. En dan vasgehou aan Jesus se woorde voor hy Die Onse Vader gebid het: "Só moet julle bid:" En dan glo ek, soos Simone Weil, dat daar infinitesimal (oneindig klein, maar sonder einde) veranderinge in my siel sál plaasvind. Dis al wat ek kon bid. Ek kon nie eens bid dat my man 'n bed kry in enige ICU nie (want 'n bed vir hom is iemand anders sonder een). Soms het ek net genoeg asem gehad vir "Onse Vader ..." en vertrou dis genoeg. Die mees magtelose gebede is die kragtigste."


Sondag gesels ons oor die woorde, "Gee ons vandag ons daaglikse brood". En soos Richard Rohr sê: "How strange these words sound to a people with savings accounts, insurance policies and three-year warranties, even on their toasters!"


Die meeste van ons het nie net brood nie, ons het ready-made meals in die vrieskas. Dis ook nie net vir vandag nie, as baie van ons 'n eksperiment sou uitvoer en net van die kos leef wat tans in ons huis is, sou dit ons 'n maand, selfs maande, aan die lewe kon hou. Maar "daaglikse brood" verwys na die manna wat God daagliks vir die Israeliiete in die woestyn gegee het toe hulle uit Egipte getrek het. Hulle het gerebelleer en sou eerder slawerny + vleispotte kies, as vryheid + hunkering. En tog het God daagliks, dag op 'n slag, na hulle omgesien. "Ek het julle veertig jaar lank in die woestyn gelei. Julle klere aan julle lywe of die sandale aan jou voete het nie verslyt nie." (Deut. 29:5) En God het vir hulle manna gestuur. Net genoeg vir elke dag. Met die uitsondering van die sesde dag. As hulle dit sou stoor en opgaar vir die volgende dag, het dit vol maaiers geraak en gestink. Elke oggend het hulle dit bymekaar gemaak en as die son warm word, het dit weggesmelt. Niemand kon dus 'n vinger daarop plaas nie, 'n greep daarop kry nie. Die woord manna beteken letterlik "Wat is dit?"


Ek sluit af met 'n gedeelte uit die nou al seker bekende, dog steeds treffende blog van die sangeres Nightbirde, wat stry teen kanker. Gaan lees gerus die hele blog.

I have had cancer three times now, and I have barely passed thirty. There are times when I wonder what I must have done to deserve such a story. I fear sometimes that when I die and meet with God, that He will say I disappointed Him, or offended Him, or failed Him. Maybe He’ll say I just never learned the lesson, or that I wasn’t grateful enough. But one thing I know for sure is this: He can never say that He did not know me.


I am God’s downstairs neighbor, banging on the ceiling with a broomstick. I show up at His door every day. Sometimes with songs, sometimes with curses. Sometimes apologies, gifts, questions, demands. Sometimes I use my key under the mat to let myself in. Other times, I sulk outside until He opens the door to me Himself...


If an explanation would help, He would write me one—I know it. But maybe an explanation would only start an argument between us—and I don’t want to argue with God. I want to lay in a hammock with Him and trace the veins in His arms.


I remind myself that I’m praying to the God who let the Israelites stay lost for decades. They begged to arrive in the Promised Land, but instead He let them wander, answering prayers they didn’t pray. For forty years, their shoes didn’t wear out. Fire lit their path each night. Every morning, He sent them mercy-bread from heaven.


I look hard for the answers to the prayers that I didn’t pray. I look for the mercy-bread that He promised to bake fresh for me each morning. The Israelites called it manna, which means “what is it?”


That’s the same question I’m asking—again, and again. There’s mercy here somewhere—but what is it? What is it? What is it?


I see mercy in the dusty sunlight that outlines the trees, in my mother’s crooked hands, in the blanket my friend left for me, in the harmony of the wind chimes. It’s not the mercy that I asked for, but it is mercy nonetheless. And I learn a new prayer: thank you. It’s a prayer I don’t mean yet, but will repeat until I do.


Call me cursed, call me lost, call me scorned. But that’s not all. Call me chosen, blessed, sought-after. Call me the one who God whispers his secrets to. I am the one whose belly is filled with loaves of mercy that were hidden for me.


Even on days when I’m not so sick, sometimes I go lay on the mat in the afternoon light to listen for Him. I know it sounds crazy, and I can’t really explain it, but God is in there—even now. I have heard it said that some people can’t see God because they won’t look low enough, and it’s true. Look lower. God is on the bathroom floor.


Die ander honger, hunkerende vrou Simone Weil het bemoedig én gewaarsku:


"The danger is not lest the soul should doubt whether there is any bread, but lest, by a lie, it should persuade itself that it is not hungry."

Mag ons honger en ons hunkering na diep asems (gees) ons keer op keer, dag na dag, teruglei na die Brood van die Lewe. Christus. Wat nooit opgegaar kan word nie en nooit afhang van omstandighede nie.


- Deur Frieda van den Heever