top of page

Covid-tyd en Verliese


Covid is ‘n tyd van enorme verlies. Verliese bring diep pyn, emosies en onsekerhede wat dit baie moeilik maak om ‘n greep daarop te kry. ‘n Woord wat ons kan help om hierdie plek van pyn en verlies te verstaan is ballingskap of exile soos wat baie mense die woord gebruik. Die woord dui nie net of ‘n politiese of sosiale dimensie nie, maar ons kan ook in ‘n emosionele of geestelike ballingskap beland. Ballingskap is soos Covid, die onderbreking en selfs vernietiging van ons roetines, gemak, sekuriteit, drome en hoop. Dan ook die aanpassing van die aandklok of curfew met nuwe reëls en regulasies waarmee jou lewe beheer word. In die Bybel het die pyn van die ballingskap verskeie mense (digters, priesters, geskiedskrywers, kultusprofete en individuele profete) na die pen laat gryp in 'n poging om die gebeure te verwerk. Werke wat in hierdie tyd geskryf is onder verskillende situasies is byvoorbeeld Klaagliedere, sommige psalmdigters, die Deuteronomis, Obadja en Jeremia, Esegiel, die Priesterskrywer(s), Deutero-Jesaja. Dit is ook in ballingskap wat die Tora of eerste 5 boeke van die Ou Testament gefinaliseer is. Jode aanvaar dit as die gesaghebbende kanon van die Bybel en beskou al die ander boeke eerder as aanvullende kommentaar. ‘n Mens kan sê dat verliese die gawe kan hê om die kanon van ons lewe te skryf. Dit het ook die krag om die kanon van ons lewe uit te wis wanneer ons nie weet wat om in ballingskap te doen nie. Ons gesels Sondag oor hoe Israel hulle verliese tydens ballingskap hanteer het.


bottom of page