top of page

In Liefde Gemaak: Vriendskap



In ‘n era waar vriendskappe al hoe goedkoper raak, ons ‘friend’ en ‘un-friend’ op die ingewing van die oomblik, en waar die ‘friendzone’ die slegste plek op aarde is om jouself te bevind, hoe dink ons as volgelinge van Jesus oor vriendskap?

Wat is vriendskap dan, en wat is die doel daarvan in ons lewens?

Is vriende bloot net mense wat saam groot geword het, in dieselfde skool of in dieselfde koshuis was? Is daar vriendskappe tussen mense met dieselfde ideologieë? Is ons vriende wanneer ons deel is van dieselfde klub, of dieselfde ‘geheime’ vereniging? Vriendskap is een van die sentrale metafore in die Teks vir redding, vir dit wat God vir die mensdom ingedagte het.

Abraham was ‘n vriend van God.

Moses en God het met mekaar gepraat soos vriende.

Dawid was ‘n man na aan God se hart.

Jesus noem selfs sy dissipels vriende en nie meer diensknegte of slawe nie.

Om spiritueel te wees is baie in die mode op die oomblik. Wanneer ons dink aan spiritueel wees kom daar baie keer die beeld van iemand wat in stilte sit op. Iemand wat hulself ontneem van voedsel en plesier en op die onsigbare dinge fokus. Eet en drink en kuier is gewoonlik vêr verwyder uit hierdie prentjie. Dit is moeilik vir ons om Jesus te sien in Sy huis rondom Sy tafel, besig om te eet en te drink en te lag.

Die grootste deel van Jesus se bediening het rondom etenstafels geskiet, met wyn wat vloei. Interessant dat die wyn by die bruilof in Kana eers opgeraak het nadat Jesus en Sy dissipels daar aan gekom het.

Daar lê meer in vriendskap as wat ons dink, en dit is dalk tyd dat ons die Sosiale Media stof van vriendskap afvee en nuut daarna kyk.

Kom kuier saam Sondag oggend by die Protea Hotel in Stellenbosch om 10:00 en die aand by die Old Biscuit Mill in Woodstock om 18:30

bottom of page