STELLENBOSCH | PELGRIMSTOGTE

“Pilgrims are people in motion, passing through territories not our own, seeking something we might call completion, or perhaps the word clarity will do just as well; a goal to which only the spirit’s compass points the way.” Richard Niebuhr

Pelgrimstogte is ’n eeue oue tradisie wat bekend is onder alle gelowe. Dit gaan om veel meer as net ‘n plek. Die uiterlike reis word die simbool van die innerlike reis wat jy aandurf. Jy verlaat jou huis letterlik en figuurlik en wag op die gawe en insig wat soveel pelgrims voor jou op die reis ontvang het. Vanjaar bied InVia Stellenbosch twee Pelgrimstogte aan:

 

1) Viridis (InVia Stellenbosch) Retreat en Pelgrimstog na Taizé & Le-Puy-en-Velay Camino:

Toerleier: Francois van der Merwe

Datums: 20 Junie tot 2 Julie 2020 (12-dae)

Ouderdomsgroep: 20 tot 40 jaar

Ingesluit:

  • Ekonomiese klas internasionale retoervlugte vanaf Kaapstad.

  • Alle akkommodasie

  • Drie etes per dag by Taizé; ontbyt en aandetes in Le Puy.

  • Transfers: Geneva na Taize & Taize na Le-Puy & Le-Puy na Geneva

  • Vervoer van tas wanneer ons in Le-Puy gaan stap. 

  • 'n Pilgrims paspoort met stap notas, 'n gids en hotel vouchers.

Toerprys: ±R 26 500 per persoon (bereken op R16.50 per Euro)

Indien jy belangstel, kontak gerus vir Francois by francoisvdmerwe@me.com

2) Israel 2020 saam met InVia Stellenbosch:

Toerleier: Theo Geyser

Datums: 18 tot 29 September 2020 (September skoolvakansie)

Die reisplan is kindervriendelik, so gesinne is welkom!

Toerprys: Sal nog bevestig word.

Indien jy belangstel om meer inligting te ontvang sodra dit beskikbaar is, epos gerus inviagemeente@gmail.com

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Alle regte voorbehou © 2020 InVia Gemeente  |  ONDERSTEUN INVIA

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com