
INTENSIONELE OUERSKAP | VIRIDIS
Baie van ons ervaar ouerskap as verrykend en 'n groot gawe, maar daar is tye waar ons oorweldig voel of frustrasie oorneem. Die konsep van "It takes a village to raise a child" is nie meer die norm nie, en baie van ons voel alleen op hierdie reis. Ons vergelyk ons ouerskapstyle met ander vriende s'n, en in die proses oordeel ons onsself (of ons vriende). Ten einde wil ons almal die beste vir ons kinders hê, maar wat is dit nou eintlik?
Een maal per maand is daar 'n geleentheid vir ouers met kinders tussen die ouderdom van 0-12 jaar om saam rondom verskillende temas in ouerskap bymekaar te kom.
Dis 'n informele aand waar 'n kenner sal gesels rondom die tema van die aand, waarna ons in klein groepies verder gesels en reflekteer. Francois en Melissa lei/fasiliteer die byeenkomste.
Indien jy nie iemand het om na jou kids te kyk tydens die byeenkoms nie, sal daar kinderkerk studente wees om met hul te speel.
Volgende Intensionele Ouerskap byeenkoms
met Jana van der Walt, kliniese sielkundige en ouer van 2 kinders.
Datum: Woensdag 24 Mei
Tyd: 18:30-19:30
Venue: Stellenbosch
Registrasie is belangrik om getalle te bepaal en om verdere inligting oor die byeenkoms te kan aanstuur.
Indien jy nie hierdie spesifieke byeenkoms kan meemaak nie, maar graag in die toekoms sal wil, laat weet vir Francois by inviamusiek@gmail.com
