top of page

STELLENBOSCH | ORANJERIVIER

Ons het besluit om weer te gaan roei! Die vorige roei-ervaring leef nou nog in ons herinneringe. Ons roei, rus, vang vis, sit in sirkels en fasiliteer ook groei geleenthede rondom die aandvure. Ons wil spesiaal ook ekstra aandag gee aan ouers met hulle kinders. En sonder die afleiding van selfone en tegnologie kan ons mekaar en die mooi natuurskoon regtig geniet en waardeer.


Hierdie 4-dae riviervlotroete is 'n avontuur wat geskik is vir die hele gesin. Ervaar die Richtersveld op 'n opblaasvlot met die Oranjerivier as jou vervoermiddel. Roei veilig en gemaklik deur die pragtige natuurskoon van die Richtersveld. Die ervare gidse sal jou help om een van Suid-Afrika se treffendste landskappe en engiste bergwoestyn te verken en lei deur plesier stroomversnellings. Slaap onder die sterre of in 'n tent, dit bly 'n unieke Suid-Afrikaanse wilderniservaring.

Kostes:

  • Volwassenes & Kinders vanaf 5 jaar: R3500

Wat sluit dit in?:

  • Nasionale parkgelde, toegangsfooie en vervoer terug na die kamp op die laaste dag.

  • Ontbyt, middagete en aandete (soos aangedui) 

  • Gekwalifiseerde riviergidse 

  • Tweeman-opblaasvlot (Ark Croc)

  • Roeispane en persoonlike vloottoestelle 

  • 60L Droë tas per persoon (vir persoonlike besittings)

  • 48L Koelkas per boot (ys is beskikbaar by die kamp)

Wat sluit dit uit?:

  • Kampeertoerusting (tente, slaapsakke en matrasse)

  • Eetgerei en breekware

  • Water (minimum 2l per persoon per dag), addisionele en alkoholiese drankies

  • Snacks vir tussen maaltye

  • Vervoer na en van die Growcery kamp

  • Eie reisversekering

 

Vir besprekings en meer inligting kontak ons by inviagemeente@gmail.com of 021 882 8339

IMG_7093-2.jpg
IMG_7091.jpg
IMG_7881.jpg
bottom of page