top of page
Stack of Books

WAT INSPIREER ONS | LITURGIE

“I think poetry evolved to save us from ourselves. It questions our understanding of what it means to be human and, in the process, deepens our humanity."

Martin Farewell

Gedigte as Geloofsgewoonte:

Ons liturgie by InVia is dikwels vol poësie en geïnspireer deur sekere gedigte weekliks. Ons wil dit graag beskikbaar maak vir ons gemeenskap vir diegene wat meer tyd wil spandeer met die spesifieke woorde of gedigte vanuit die diens, of dit graag met iemand wil deel.

         

Waarom digkuns?

Deur die hoofstukke van geskiedenis is daar nie ’n enkele beskawing wat kon oorleef sonder kuns nie. Vanaf die rotstekeninge tot die mees gesofistikeerde literatuur. So vorm poësie 'n belangrike deel van elke kultuur sedert die ontstaan ​​van die konsep van skryf. Gedigte het 'n manier geword om woorde met diep betekenis aanmekaar te weef.

 

Maar wat het spiritualiteit daarmee te doen?

 

Die essensie van poësie is nog altyd in natuur gevind met spiritualiteit as 'n begeleier deur die Onbekende. Gedigte is nie net geskryf as 'n uitdrukking van die onbekende nie, maar as 'n tasbare herinnering aan dit wat ervaar is. Die Misterie waarmee soveel nie anders kon (en kan) as om mee te wroeg en op papier te laat bloei nie. Poësie het die krag (en sensitiwiteit) om iets onpeilbaar oor te dra en die grasie om die leser in hierdie ervaring in te gly

En as ons kyk na kontemplasie?

 

Slegs deur kontemplasie kan ons met vernuwende denke kyk na wat so dikwels deur samelewing bestempel word as absolute waarheid. Wit en swart. Punt. Maar ’n gedig bring die vraagteken. En ’n vraagteken vertrou dat diep in jou eie essensie lê die waarheid. Dikwels is dit slegs ’n vraagteken wat ons wakker kan maak tot ’n lewe van liefde. 'n Lewe waar al die antwoorde nie so voor die hand liggend is nie. En slegs ’n vraagteken kan ons reeds gesemente bewussyn versag, sodat ons daagliks kan oefen om ten volle teenwoordig te wees - met ons denke, ons liggaam en hart - in ’n manier wat dit moontlik maak om vanuit 'n kreatiewe en vernuwende plek te reageer, eerder as ons ego-patrone wat ons so dikwels dieselfde reaksie laat herwin. Oor en oor. Recycle

Hoe dan anders as kou en herkou aan die woorde wat spasie maak vir kontemplasie? Hoe dan anders as sit met die einste gedig wat ons ooprek, wat dit moontlik maak vir Misterie om te kom werk in ons.

Poetry is the way we help give name to the nameless so it can be thought. The farthest horizons of our hopes and fears are cobbled by our poems, carved from the rock experiences of our daily lives.

- Audre Lorde

bottom of page