top of page

KAAPSTAD | SIRKELS

In die natuur kry ons nie boksies nie, maar ons kry baie sirkels. ‘n Voël bou sy nes in ‘n sirkel, die water siklus, kos siklus, wind beweeg in ‘n sirkel, die natuur beweeg in ‘n sirkel. Die sirkel simboliseer eenheid en heelheid, met God, jouself, ander en die natuur.

Die sirkel proses of ‘circling’ is ‘n manier om byeen te kom en ruimte te skep vir die ware self, die siel, om sy verskyning te maak. Die sirkel proses is ‘n eeue oue proses wat ook onderandere deur die inheemse amerikaanse stamme gebruik is om konflik te hanteer.

By Invia gebruik ons die sirkel formaat in al ons byeenkomste en groei geleenthede, die onderskeidings tydperk, ‘retreats’, gemeente naweek, bergskool, en self in ons gemeente vergaderings.

By InVia het ons nie tradisionele groepe, of klein groepe nie. Ons gebruik ‘sirkels’, ‘n tipe geloofsgewoonte as ‘n manier op kleiner samekomste te fasiliteer, waar mense intensioneel saam kom om te groei in hul mens wees.

Hierdie sirkels onstaan gewoonlik na ander aktiwiteite, soos byvoorbeeld die Onderskeidingstydperk, ‘n retreat, gemeentenaweek, bergskool, of bloot net as ‘n groep kom met die behoefte om ‘n sirkel te vorm.

Die groot rede vir hierdie tipe benadering is dat tradisionele (klein) groepe in die verlede gefokus op die oordra van informasie, waar die leier gewoonlik beheerde informasie aan lede kommunikeer. Lede wat nie die regte dogma onderskryf nie word soms uitgesluit. InVia neem die vertrekpunt aan dat ons verstaan in elke geval ‘ten dele’ is en dat ons eerder worstel met ‘’n spieël in ’n raaisel’. Kennis neem ons na dieper misterie en misterie neem ons na dieper kennis. Leiers vervul eerder die funksie van fasiliteerders.

Sirkels is ‘n proses waar daar diep gewerk kan word, sonder oordeel, advies gee, of ‘fixing’. Hierdie eeue oue proses vertrou dat die antwoord tot elkeen se groei reeds binne in elkeen se eie hart saam met God leef. Dit is nie ons werk as die res van die sirkel om die antwoord te gee, oordeel te vel oor die persoon se belewenis, of die persoon heel te maak nie.

Hoe ons te werk gaan om sirkels te vestig.
 

Soos hierbo verduidelik, wil ons graag hê dat sirkels onstaan na ‘n gedeelde belewenis, soos byvoorbeeld die Onderskeidingstydperk. 
 

Ons sal dan die sirkel begin, aan die brand skop, die basiese sirkel tegnieke en riglyne oordra, en dan oorgee aan die lede van die sirkel om dit dan verder te neem. Natuurlik is ons dan altyd beskikbaar indien nodig.

Ek wil graag in ‘n sirkel wees.

As jy graag wil insit in ‘n sirkel is jy welkom om ons te kontak. Sirkels is oor die algemeen geslote groepe, omdat die sirkel onstaan uit ‘n gedeelde belewenis, maar besoekers is altyd welkom solank hulle die sirkel respekteer.

As jy en ‘n groep vriende, ‘n sirkel wil vestig, is jy welkom om ons te kontak sodat ons kan help om die sirkel te begin.

 

Kontak vir Pierre by pierre@be-brave.co.za

bottom of page