KAAPSTAD | PELGRIMSTOGTE
“Pilgrims are people in motion, passing through territories not our own, seeking something we might call completion, or perhaps the word clarity will do just as well; a goal to which only the spirit’s compass points the way.” Richard Niebuhr
Pelgrimstogte is ’n eeue oue tradisie wat bekend is onder alle gelowe. Dit gaan om veel meer as net ‘n plek. Die uiterlike reis word die simbool van die innerlike reis wat jy aandurf. Jy verlaat jou huis letterlik en figuurlik en wag op die gawe en insig wat soveel pelgrims voor jou op die reis ontvang het. Vanjaar bied InVia Kaapstad een Pelgrimstogte aan:
Israel 2020:
Toerleier: Pierre Du Plessis
Datums: 5 tot 14 Desember 2020
Kindervriendlike reisplan tydens skoolvakansie.
Ingesluit:
-
Ekonomiese internasionale retoervlugte vanaf Johannesburg.
-
Lughawe/hotel retoer oorplasing
-
Ontbyt en aandete daagliks
-
Vierster akkommodasie
-
Engelssprekende toergidse en luukse toerbusse
-
Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
-
Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, portiere, hotelpersoneel
Toerprys: R34,980 per persoon (bereken op R14.50 per USD)
Indien jy belangstel, kontak gerus vir Pierre by pierre@be-brave.co.za
Fotos van Israel 2018 saam met InVia Kaapstad: