KAAPSTAD | AKSIE
Ons glo dat gebed lei tot aksie. By aksie bedoel ons dat ons liefde oorgaan tot onselfsugtige dade waar ons binne verhouding saam met ander na heelheid strewe. Ons dink nie aan bediening VIR ander nie, maar eerder as bediening MET ander. Ons probeer ook nie net individuele bande smee nie, maar ondersteun ook organisasies wat passievol na hulle omgewings omsien. Van die organisasies is:
Bottomup
Bottomup is ‘n nie-wins organisasie wat fokus op die verryking van opvoeding. Die huidige toestand van die opvoedingstelsel in Suid-Afrika laat, soos welbekend, veel te wense oor ... en Bottomup wens meer. Ashley en Helene Visagie, deel van die InVia-gemeenskap, is die stigters en voltydse personeel van hierdie program wat streef daarna om skole in minder bevoorregte areas van die Kaapse Vlakte te dien. Hulle fokus veral op die aanbieding van buitemuurse aktiwiteite om leerders vaardighede aan te leer en hulle sin van trots, gevoel van tuishoort en gesonde identiteit te versterk. InVia Kaapstad is betrokke by SpeakUP, waar leerders gelei word om hulle konteks te analiseer, daaroor te reflekteer en dan 'n toespraak te skryf en aan te bied.
Carel du Toit Sentrum
Die Carel du Toit sentrum is 'n sentrum waar dowe kinders leer praat. Invia Kaapstad is betrokke by die sentrum op verskeie vlakke van donasies van goedere, fondsinsameling en nog meer. Indien jy wil betrokke raak kontak gerus vir Rialette, jy kan ook hier meer lees oor die sentrum en hulle behoeftes