GEMEENTENAWEEK 2019

Ons Gemeentenaweek is vanjaar by die Christian Brothers' Centre in Stellenbosch vanaf 24 tot 26 MeiJohan Geyser van Mosaïek Gemeente gaan ons die naweek begelei.

Oor die kamp:

 

Tema: Hier is ek / Here I am

 

Die woorde "hineni" het vir baie van ons bekend geword met Leonard Cohen se laaste CD met die aangrypende lied "You Want It Darker".  Dit is Moses se woorde in Gen 3:4 waar hy vir God sê: "Hier is ek". David Benner beskryf "hineni" as: "awakening to some aspect of the present moment", en John O Donohue noem dit  "the mystery of thereness" en die Martin Buber die bekende Joodse teoloog en filosoof beskryf dit "being addressed".

Ons gaan met ons Gemeentenaweek saam reis rondom hierdie tema en probeer verstaan wat dit beteken om teenwoordig te wees vir myself, God en ander.

Wat om by CBC te verwag:

Alle etes sal in die gesamentlike eetsaal geniet word en alle sessies sal in die saal gehou word. Almal sal in spanne gedeel word vir hulp met kosmaak en opwas vir die naweek.

 

Ouers met kinders: Daar sal toesig en aktiwiteite vir die kinders wees.

 

Belangrike items om te onthou:

 

  • Daar sal altyd koffie en tee in die eetsaal beskikbaar wees tydens en tussen sessies.

  • Saterdag middag- en aandete word voorsien. Bring asb eie ontbyt. 

  • Bring eie snacks vir tussen sessies en drinkgoed (koeldrank, wyn, ens) soos nodig.

  • Warm en koel klere

  • Notaboekie, Bybel en pen

  • Flits

Voorlopige Program:

Vrydag 24 Mei:

  • 17h00 – 19h30: Aankoms

  • 19h30: Verwelkoming en Inleiding

Saterdag 25 Mei:

  • 8h00: Gemeenskaplike stilgebed

  • 8h30: Ontbyt

  • 9h00: Lectio 1

  • 12h00: Gemeenskaplike stilgebed

  • 12h30: Middagete

  • 13h30: Lectio 2

  • 17h30: Gemeenskaplike stilgebed

  • 18h00: Braai en saam kuier

 

Sondag 26 Mei:

  • 8h00: Gemeenskaplike stilgebed

  • 8h30: Ontbyt

  • 9h00: Lectio 3

  • 11h30: Oppak en groet

  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA