top of page
Reflection

WAT DOEN ONS | DROOMWERK

Hoe praat die Here met ons deur drome?

 

Drome is ‘n spontane simboliese ervaring wat ek in my innerlike wêreld beleef tydens my slaap. Daar is geen bewustelike beheer oor die beelde, aksies, gedagtes, woorde of gevoelens nie. Daar kan dalk sterk assosiasies wees met mense en plekke, maar ons beskik oor geen inligting oor die bron of bewustelike toegang wat ons tot drome het nie. Binne die Judeo-Christelike tradisies is daar geglo dat die bron God is. Dit is duidelik dat daar binne hierdie tradisies erns gemaak is om drome te verstaan en God se wil binne dit te soek. Vandaar die woord: ‘’Droomwerk”.

 

Daar is ‘n Joodse gesegde wat sê: “A dream unexamined is like a letter unopened”, of anders gestel: Drome sonder droomwerk is daar onvoltooide drome. Indien dit wel ‘n brief is wat God aan ons stuur, is dit soveel meer belangrik dat ons daardie brief belangrik ag, en dit lees! Hierdie ‘leeswerk’ is soos kuns. Skilderye, poësie, beeldhoukuns en ander kunsvorme help ons om simboliese verskeie betekenismoontlikhede te betree. Daarom fokus alle tegnieke in droomwerk eerder op die kreatiewe proses wat ons verbind aan die God wat die groot Skepper is. Drome is ook ‘n vorm van aanbidding. Ons gee bloot ons drome terug aan God in gebed, as ‘n gawe en lewende offer sodat ons deur die gawe van drome self kan verander en meer soos Christus word. 

Vir die laaste 5 jaar was dit seker een van die kragtigste ruimtes naas die onderskeidingstydperke om beter te verstaan hoe die Here na ons lewe toe kom...

Ons het besluit om weer binnekort 'n Droomgroep te begin wat gefasiliteer sal word deur Kobus van der Walt (psigiater), wie al jare lank passievol is oor Droomwerk. Kobus is 'n wandelende biblioteek en kom terseldetyd ook uit 'n diep geestelike plek.

 

Ons sal ontmoet op Maandae aande. Indien jy belangstel nooi ons jou om te begin met 'n 4-week proef-periode om vas te stel of jy met die reis wil voortgaan.

 

Daarna reis ons saam vir 4 maande en dan kan jy enige tyd uitval indien jy gemaklik voel om jou eie droomwerk te doen. Die eerste groep het 'n jaar gebly en geweier om te gaan! Toe het ons dit die volgende jaar 'n fasiliteerdersgroep gemaak, waar Theo en Kobus het 'n handleiding geskryf vir droomwerk om die teologiese basis te verstaan. Baie van die sielkundige begrippe is moeilik om onder die knie te kry, maar in die droomwerk self word dit regtig eenvoudig.

Ons is ongelukkig beperk en dus sal dit slegs moontlik wees om 'n paar groepe oor 'n tydperk doen.

Kontak gerus inviagemeente@gmail.com indien jy by die volgende DROOMGROEP wil aansluit.

bottom of page