Lectio Divina
Die ankers van geloof: Die Skrifte
Regula 1: Gebruik lectio divina om die evangelies elke dag te lees. Gebruik die evangelies as lens om die Bybel te verstaan.
The Bible is a love story of God in search of humanity. — Ken Wilson
‘n Regula (gewoonte/dissipline) was gebou op Skrifte wat as heilig beskou was. Gelowiges het verskillende stories gehad wat hulle as heilig beskou het. Die vraag na watter Skrifte gelowiges as heilig en gesaghebbend (kanon) beskou het, is ‘n komplekse vraag. Die Bybel self gee geen definitiewe lys van boeke wat daarin behoort te wees nie. Paulus maak melding van boeke wat nog nie ontdek is nie. Selfs in Jesus se tyd het verskillende groepe verskillende geskrifte as outoritêr en bindend beskou. Jesus self het hom geskaar by groepering wat ‘n wyer kanon gehad het. Hy haal boeke aan uit die Apokriewe, Talmud en die Midrash.
Indien ons glo dat die Bybel self die outoriteit is wat homself heilig moet ons dan ook in dieselfde asem die konsensus van konsilies (tussen 325-397 nC, Nicea, Hoppo Regius en Karthago) ver-kanon aangesien mense besluit het oor wat moet in en watter boeke moet uit. Daarom verskil Katolieke en Protestante oor die kanon van die Bybel — konsensus kon nie bereik word nie. Kanon kan nie los van die verweefde dinamiese prosesse in die samelewing en geskiedenis verstaan word nie. Die vraag wat gevra moet word is watter verskil maak dit aan die storie wat God vir ons gegee het en waarmee ons uitgenooi word?
In wie se hande plaas ons die Skrifte?
Die krag lê nie in die manuskripte of geskrifte self nie. Die Fariseërs het so gedink. Jesus herinner die Fariseërs dat die Skrifte na Hom verwys.
Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. — Joh 5:39
Heilige Geskrifte in verkeerde hande is vernietigend. Is dit waarom Paulus die beeld gebruik van ‘n tweesnydende swaard wat ook baie gevaarlik is (Heb4:12)? Dink maar aan hoeveel mense het hulle lewens verloor deur die Bybel. Ons het geglo dat die Bybel moet in die hande van die experts wees. Ek onthou toe ek in graag 11 begin vrae vra oor die Bybel was die antwoord eenvoudig: Gaan na die dominee toe – hy het 7 jaar geswot. Die Bybel is beskore vir die elite.
Die Heilige Skrifte hoort in die hande van Jesus. Ek stem saam met baie gelowiges dat die Bybel is nie soseer God se plan met die wêreld nie maar eerder sy kom-plot met die wêreld. ‘n Plan is strategies en voorspelbaar. ‘n Kom-plot is ‘n storie wat ontvou. Dit praat oor taal en kultuur grense heen. Stories ontbloot die raakpunte in ons eie lewens. Dit motiveer en inspireer baie beter as instruksies of dwangmatige wette. Is dit nie tragies dat fundamentalisme al die mooi metafore en stories in die Bybel laat sterf nie…Dis lewend, onvoorspelbaar, aanpasbaar en vol tekstuur. Ons lewe binne ‘n storie-gedrewe wêreld. Stories kry jou aandag, plant nuwe drome en gee hoop van werklikhede wat moontlik kan bestaan. Stories neem ons na plekke, nuwe gesigte en nuwe omgewings en the plot thickens… Die Bybel vertel God se storie wat besig is om in hierdie wêreld te ontvou. Is dit die meta-storie waarbinne alle stories smag om sin te maak? Is die meta-storie die natuurlike dryf in elke mens om sy lewe binne so storie te verstaan? Mense het die storie so vertel.
Die storie het begin by Jesus en die storie eindig by Jesus. Geloofsvorming is met ander woorde nie gesetel in die Bybel per sy nie, maar in die persoon van Jesus Christus. Jesus is nie ‘n rolspeler in die plan van die Bybel nie. Hy is die Storiekrywer, die Hoofkarakter wat selfs die Bybel herskryf. Dit was die hoofrede waarom die Fariseërs Hom wou dood hê (Joh 5:19). Die Skrifte wys na Hom en word alleen in Hom ervaar. Jesus nooi ons saam op die verhoog om ‘n skouspel te word vir engele sowel as mense waar God sy storie met die wêreld skryf. Hierdie skryf kry elke mens se aandag.
It seems to me that God has put us who bear his Message on stage in a theater in which no one wants to buy a ticket. We’re something everyone stands around and stares at, like an accident in the street. — 1 Cor 4:9 (MSG)
Lectio Divina
Omdat dit God se storie is het mense dit ernstig opgeneem. Dit is nie gestoor as informasie of wetenskaplike wapens nie. Gelowiges het probeer om met die grootste sensitiwiteit te probeer verstaan waar God besig is om die storie te skryf. Daarom was Bybellees ‘n ervaring en ‘n ontmoeting met die Goddelike. Hulle het dit Lectio Divina (goddelike lees) genoem. Dit het gegaan om binne verskeie dissiplines en ritmes binne die Woord God, jouself, en die wêreld waarvoor God jou geroep het. Lectio dateer sovêr as 220 nC terug waar die kerkvader Origenes dit bedink het. Verskeie monastiese bewegings (Pachomius, Augustinus, Basil en Benediktus) het dit as een van die drie pilare van die monastieke lewe gevestig. Die manier van lees het ook die manier van lewe geword. Lectio Divina het die anker geword waaruit mense oor God gedink het. Lectio Divina was die trillis waarteen gelowiges God kon ontmoet en duidelik agterkom hoe God se storie met die wêreld in Jesus ontvou.
Gebruike van Lectio Divina
Gelowiges het dit persoonlik en gemeenskaplik geoefen. Die ingesteldheid was nooit om net die Skrifte te lees en kennis te kry nie – dit was eerder dat die Skrifte my moet lees dat ek God se teenwoordigheid kan ervaar. Hulle het ook die kompleksiteit van die Skrifte verstaan. Die geloof was dat Lectio Divina my verder kan neem as die tydomhulsels, tydsgebondenheid, en onverstaanbare gedeeltes waar God se Woord ook in mense taal kom.
’n Vasgestelde tyd is gebruik om seker gewoontes te vorm. Die regte plek was ook belangrik om enige afleiding te verminder. Oorgangs-akriwiteite soos sang, gebed, asemhalingsoegfeninge, ikone, ens. is ook gebruik om sacred space te skep.
Lectio Divina bestaan uit ’n paar stappe. Deur die jare het Lectio Divina ontwikkel as lectio (lees), meditatio (meditasie), oratio (gebed) en contemplatio (kontemplasie) en activatio (doen) van die Skrifte.
Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes (meditatio) – in alles deur gebed en smeking met danksegging (oratio) bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar (contemplatio) in Christus Jesus. En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit (activatio), en die God van vrede sal met julle wees. — Fil 4:6-9
Reading, as it were, puts the solid food into our mouths; meditation chews it and breaks it down; prayer obtains the flavour of it and contemplation is the very sweetness which makes us glad and refreshes us. — Guigo II
Guigo 11 was die eerste persoon wat Lectio Divina verpak het binne fases of “ladder”, soos dit bekend gestaan het. Hy het die invloedryke werk, “The Ladder of Monks” geskryf, waarin hy probeer het ryk Benediktynse erfenis van allegorie en verbeelding van die skolastiek van sy dag te red. Gebed is gesien as verskillende stappe waarin jou bewuswording van God groei. Lectio Divina is gesien as ‘n onrganiese proses waar mense beweeg van die verstand na gevoel en van gevoel na stilte, en weer terug. Daarom is dit later nie soseer as fases gesien nie, maar eerder verskillende stasies waar elke gelowige met God kan ontmoet. Daar is ook gepraat van die “vier sintuie van die Skrifte”.
Lectio
Lees die woord.
The first moment is listening to the Word of God by slowly reading a sacred text. You do not read for information but rather to grasp the meaning of the text. What is God saying in these inspired words of sacred scripture? What is the message God is trying to convey? — Sisters of St Benedict
Die Bybel is vir ‘n 1500 jaar slegs mondelings oor vertel. Mense het met ‘n woord-teks geluister na wat God sê. Die woord Shema was bekend by elke Jood (Deut 6:3). Daar is ‘n sterk geloof met lectio dat die Skrifte lewend is. Dit het beteken om te luister. Jesus gebruik ook die woord om sy dissipels te leer dat ons hoor sonder om te luister. Dit het beteken luister. Die Woord is gehoor – daarom moet ons kan luister. Mense het daarna geluister terwyl ander dit voorgelees of oorvertel het. Die proses van luister verskil baie van die proses van lees en daarom probeer lectio ons help om weer die Woord te hoor.
God is teenwoordig in sy Woord. Maar Sy teenwoordigheid lê nie in die fisiese objek van die Bybel nie. Dit word ’n werklikheid elke keer wanneer die Gees God se woord lewend maak. So word God teenwoordig in die lewe van elke gelowige deur sy Woord. Dan luister ons met die ore van die hart (St Benediktus).
Meditatio
Luister na die Woord.
Meditation moves from looking at the words of the text to entering the world of the text. As we take the text into ourselves, we find that the text is taking us into itself. Meditatio is letting the images and stories of the entire revelation penetrate our understanding. — Eugene Peterson
Die woord meditasie beteken om te herkou of to bring into imagination or view from a different angle. Dit is om te rus in die woorde wat jy gelees het. Ons beweeg van toeskouers tot deelnemers van die teks. Meditatio help jou om intiem met die Skrif om te gaan en deel te word van die teks self. Beelde en stories van die teks trek ons in die groter storie van God met ons. Ons ontmoet die God van die teks. Dis belangrik om tydens meditatio met die groter storie van die Bybel te werk (die hele openbaring oor God) en nie woorde, begrippe of idees buite daardie konteks te hanteer nie.
In die praktyk is dit belangrik om te leer hoe lank om by ’n woord of frase stil te staan en wanneer om aan te beweeg. Mediteer oor ’n gedagte so lank as wat jy die behoefte het, so lank as wat dit jou aandag behou. Daarna kan jy eenvoudig verder lees en aanbeweeg na ’n volgende woord of frase. Dit kan soms ’n kort refleksie behels en ander kere ’n hele paar minute opneem. Dit kan selfs gebeur dat jy by tye vir dae en weke lank terugkeer na die woorde van ’n teks wat jy gelees het en dit weer in jou gedagtes neem. Die belangrikste is dat jy die teks tyd gee om in jou te werk – moenie jaag van een woord of frase na ’n ander nie.
Oratio
Reageer op die Woord deur gebed.
Speak to God. Whether you use words, ideas, or images–or all three–is not important. Interact with God as you would with one who you know loves and accepts you. And give to him what you have discovered during your experience of meditation. — Luke Dysinger
Wanneer die Woord gelees word sal dit ook ‘n respons vra. Oratio beteken om te praat of bid. Dit wat ek van God ervaar skakel ek om in woorde. Ek reageer op dit wat met my praat in die teks, beelde en metafore, emosies en gewaarwordinge en alles waarvan ek bewus word wanneer ek mediteer.
Ek word eerlik voor God. Gebed beteken nie om die korrekte woorde aan God te uiter nie, maar wel eerlike woorde. Die Psalms is nie net vir ons ’n goeie voorbeeld hiervan nie, dit gee ook vir ons woorde waarmee ons kan bid wanneer dit voel of ons nie woorde het nie. Dit is tou – onge-edit en eerlike worstelinge met God. Die Skrifte neem my op ‘n reis van die verstand deur my gevoel, na my hart.
“Most Scripture speaks to us; the Psalms speak for us!” – Athanasius
Tydens oatio hoop ons om ook die God van die teks te ontmoet en nie net die teks van die God waarmee ons worstel nie. Terwyl jy die teks lees ontstaan die behoefte om oor sekere gedeeltes te reflekteer, en terwyl jy mediteer ontstaan die behoefte om met God daaroor te praat. Soms reageer jy met kort gebede of gedagtes, ander kere spandeer jy dalk baie tyd in gebed. Telkens kan jy teruggaan na die lees van die teks en die stappe van lectio van voor af herhaal. Moenie die tye vir gebed probeer struktureer of beplan nie. Probeer slegs sensitief wees vir die beweging van die Gees terwyl jy tyd met God se Woord spandeer.
Contemplatio
Wag op die Woord.
“The assumption underlying contemplation is that Word and Life are at root the same thing. Life originates in Word. Word makes Life. There is no Word of God that God does not intend to be lived by us. All words are capable of being incarnated, because all words originate in the Word made flesh.” — Eugene Peterson
“At this point in the process all mental en emotional work is suspended.” Cynthia Bourgeault
Contemplatio beteken oorskouing, oorweging, bedoeling. Dit is om te wag en rustig te wees en te wag dat God na ons toe kom. Dit neem ons na stilte. God ontmoet ons ook buite en bo ons verstand en interpretasies wat ons probeer verstaan. Dit gaan om hier net te rus in die teenwoordigheid van God. God kom maak ons hier bewus van sy bedoeling met ons. Dit is nie meer net ek wat Bybel lees nie, maar die Bybel moet my lees. God wil ook binne my unieke omstandige binne my unieke reis met Hom woorde van lewe gee. Die Emmaüsgangers het nie net die woorde van Jesus gehoor nie – hulle het dit op so manier ervaar dat hulle harte gebrand het (Luk24:32). Hier ontmoet die die verstand die hart – en menslike poging, God se genade.
Dit is wanneer ons teologie oor Jesus ons bewus maak van die Jesus in die hier en nou – reg voor ons. Richrad Rohr noem dit: “…to the actual right-in-front-of-you, to the naked obvious…”
Activatio
Doen die Woord.
The danger is that, very often, although sometimes imperceptibly, lectio is transformed into an exercise – one exercise among others, even if it is considered the most important of all. — Dom Jean Leclercq
Someone else asked Antony: “What must I do in order to please God?” The old man replied: “Pay attention to what I advise you: wherever you go, always have God before your eyes; whatever you do, do it according to the testimony of the Scriptures.” — Armand Veilleux
Lectio Divina moet ons voorberei om te doen. Indien ek God net hoor beteken dit nog niks tensy dit liefdesdade word. Die dissipels het gereeld aan Jesus terugvoer gegee oor alles wat hulle ook gedoen het nadat hulle sy woorde gehoor het. “…hulle het Hom alles vertel wat hulle gedoen het…” Mark 6:30. Die eerste kerk was ook ‘n viering van stories wat vertel is van mense wat gehoorsaam was aan Jesus se woorde (Hand 14:27). Hierdie stories het nooit in die kerk gebeur nie – maar op die pad.
InVia!
Om vir God te leef is eerder ‘n reaksie op dit wat ons van sy Gees binne ons ervaar. Dan word ons harte in vrugbare grond geplant waarbinne sy woorde binne ons wortel kan skiet. Ek leer God ook ken deur die leef van die Woord.
Vrae, leeswerk en studiemateriaal
- Hoe het Jesus se hantering van die Bybel verskil met sy tydsgenote? Watter ooreenkomste is daar met die hedendaagse hantering van die Bybel?
- Hoe voel jy oor die volgende stelling? “Effort and discipline are certainly essential to the experience of lectio divina. But they too are God’s gifts to us. They are not our technique for gaining God’s grace.”
- Hoe kan stories ons help om waarheid te verstaan?
- Lees: Working the angles. Eugene Peterson
- Lees: Eat This Book. The Art Of Spiritual Reading. Eugene Peterson.
- http://www.centeringprayer.com
- http://www.youtube.com/watch?v=2DxaGZqprrs
- http://www.beliefnet.com
- http://www.valyermo.com
- http://www.osb.org/lectio/about.html
- http://prayerfoundation.org
