Via Geloofsvorming

Hierdie is ‘n opsomming van ons gesprekke die afgelope paar maande om geestelike formasie binne InVia te doen. InVia se rol is presies net dit: Om mense te help om ‘n lewende geloof in Jesus te ontdek. Geloofsvorming het ook nie te doen met ‘n sekere aspek van my lewe nie, maar met die lewe self.

InVia hoop on teen die einde van die jaar ons geloofsvorming binne e-learning formaat beskikbaar te hê. Ons hoop dat daar verskeie learning communities hieruit gebore sal word wat passievol die via van Jesus sal loop!

Look well at my handpicked servant;
I love him so much, take such delight in him.
I’ve placed my Spirit on him;
he’ll decree justice to the nations.
But he won’t yell, won’t raise his voice;
there’ll be no commotion in the streets.
He won’t walk over anyone’s feelings,
won’t push you into a corner.
Before you know it, his justice will triumph;
the mere sound of his name will signal hope, even
among far-off unbelievers. — Matt 12:18-21

Geloof is ‘n jy-sekerheid van die dinge wat nie deur jou sintuie geken kan word nie (Heb 11:1). Die reënboog-mistiek rondom die geboorte-dood ritme is dan deur die eeue bo-aan die hoofagenda van geloof. Gelowiges het deur die eeue ‘n nie-sintuiglike sekerheid gehou dat die lewe die eerste en die dood die tweede skof van dieselfde via is. Hulle het ‘n donkerhout geloof in onsintuiglike werklikhede gehad. Die misterie was geken deur hulself/mekaar te ken en deur lewe Karoo-vlakte eerlik met die lewe om te gaan.

Paulus noem die via ook die stryd van geloof (1 Tim 2:16). Vandag kies die mens eerder ‘n moderne geloofskonstruksie wat resepmatig in formules en terapeutiese antwoorde kom. Binne hierdie on-geloof is die verre-ewigheid ‘n kitsresep wat net vinnig herhaal moet word. Van stryd en onsekerheid is daar nie spasie op podium van hierdie ‘my-oorwinning’ nie. Dit is eerder geloof in ons eie geloof oor geloof. Freud het ook geglo dat die ontkenning van die dood is een van die grootste strewes van die moderne mens. ‘Your ticket-to-heaven’ gospel is dan ‘n manier van glo in my ontsterflikhied.

Die kollektief van individue in die oop verhoudings-spasie wat ons ‘InVia’ noem droom om mense te help dat hulle geloof InVia (op pad) met Jesus gevorm kan word. Gelowiges van antieke tye het geglo dat God aan die woord kom deur die Skrifte. Hulle het dit deur goddelike lees (Lectio Divina) beoefen. Elke ontmoeting van God deur Sy woord het begin met ‘n roeping (vocatio) waarbinne gelowiges hulle lewe deur gebed aan God gewy het om Sy WEG beter te verstaan. Uit hierdie verhouding het God mense ook gestuur (commissio) met barmhartigheid in en na die pyn van die LEWE, waarbinne hulle hul lewe met mekaar (communitas) in WAARHEID op die Via van Jesus kon deel.

Hierdie ervarings was nie net rukwinde, perd-val (Paulus) of hemelse wolke nie – dit het gebeur deur die harde muck-and-grind van die lewe. Hulle het meer as net ‘n Sondag- of opstandingsteologie gehad — hulle kon met oorgawe van Vrydag en die kruis praat en van donker onserkere Saterdag. Van hierdie weg van die kruis of dissiplines is as ‘n regula of trillis (steierwerk) gepraat. Die trillis het jou ondersteun, — net soos wat ‘n plant gestut word — om na die son te groei. Die trillis het vier fondasies gehad waarmee antieke gelowiges hulle Via probeer verwoord het, naamlik:

  • Lectio Divina — die lees van die Skrifte;
  • Vocatio — deur gebed in ‘n verhouding met God;
  • Commissio — deur barmhartig in die nood en pyn van die wêreld te word;
  • Communitas — deur my lewe te deel binne ‘n geloofsgemeenskap.

Gesetel in die objektiewe realiteit dat die hele skepping (en ons) haar bestaan in God vind dra Via wandelaars oral ‘n ritmiese verwagting van Gods-onthulling saam.

Hulle het die Skrifte bestudeer met Lectio Divina (goddelike lees). Die Bybel was nie gesien as ‘n wetenskaplike handboek of terapeutiese selfhelp materiaal nie — nog minder ‘n feitelike, orals geldende moralistiese wet wat universeël orals geldend is. ‘Hoe’ gelees was het saam met ‘wat’ gelees was ‘n prioriteitsplek in hierdie dissipline beklee. Die slogan “God said it, I believe and that settles is” sou baie vreemd op die oor van enige gelowige gewees het.

Vir die eerste gelowiges was die Bybel God se storie waarmee elke mens genooi is om die Outeur binne die storie self te ontmoet. Daarom is die stories vir 1,500 jaar vertel en die eerste kerk kon vir 100 jaar Jesus volg sonder die Nuwe Testament soos wat ons dit vandag ken. Die Skrifte is nie net God se plan met die wêreld nie — ‘n plan is sistematiese en voorspelbaar — maar eerder God se kom-plot met die wêreld. ‘n Plot is ‘n storie wat besig is om te ontvou. Binne hierdie storie ontvou elke mens se storie.

Geloofsvorming is met ander woorde nie gesetel in die Bybel per se nie, maar in die persoon van Jesus Christus. Jesus is nie ‘n rolspeler in die plan van die Bybel nie. Hy is die Storiekrywer, Regisseur en die Hoofkarakter wat selfs die Bybel herskryf. Dit was die hoofrede waarom die Fariseërs Hom wou dood hê. Die Skrifte wys na Hom (Joh 5:19).

Regula’s is gebou rondom vocatio (roeping).

Regula’s is rondom commissio (gestuurdheid) beoefen.

Die regula’s is ook binne communitas (geloofsgemeenskap) beoefen.

Opsomming

InVia droom dat elke persoon elke dag:

  • Lectio Divina sal gebruik om die evangelies elke dag te lees (en die Bybel deur die evangelies te lees);
  • Elke dag my roeping sal vasmaak deur gebed om van God te hoor;
  • Elke dag sal identifiseer met die pyn van die wêreld deur vir God te vra wat ek moet doen;
  • Elke dag my lewe sal deel met die liggaam van Christus.