"The most powerful force in the world is not the nuclear bomb-but sex !"
Prof A. Hart
“we display outrageously and obsessively that we do not fully posses or have deeply at our disposal” Freud
“I knew I belonged tot the public and to the world, not because I was talented or even beautiful, but because I had never belonged to anything or anyone else.” Marilyn Monroe
Hallo Julle!
Sondag voorspel ek herlewing. Ons praat oor seks! Waarom het dit so moeilik geword om oor seks te praat? Ons opvoeding het ons opgevoeter. Moralistiese meerderwaardigheid, sede-preke, hell-fire-and-brimstone maak dialoog nie makliker nie. Ek hoop ons kan Sondag lig en swaar hieroor praat.
Jare gelede is daar navorsing gedoen op hartpasiënte om vas te stel hoe bloedvate vergroot kan word sodat die bloed vinniger kan vloei. Viagra is gebore. Dit word met die grootste sukses aangewend. Kleine Lucca het al sy shot viagra op 5 maande met sy breuk operasies gekry. Dit kan lewens red. Met die viagra het hulle agtergekom dat dit nie net die bloedvate in jou liggaam is wat vergroot nie. Die res is geskiedenis. Vandag is die hart ʼn bysaak – viagra floreer in die seks-industrie.
Die media en die beskikbaarheid van substans kweek ‘n gulsige ereksie-samelewing waar die voorspel van liefde en intimiteit nie meer tel nie. Verslawing werk presies so: Die bysaak word die hoofsaak.
Ons leef in ʼn tyd wat seks as ʼn ekstatiese produk in terme van hormone en tegnieke verkoop word. Ons samelewing is obsessief oor seks. Elke produk of storielyn is met seks belaai. Hoekom is dit so oordrewe? Freud is hier reg : “we display outrageously and obsessively that we do not fully posses or have deeply at our disposal”. Daarom vra Tony De Mello: "Waarom praat priesters altyd oor seks en prostitute oor God?"
Die vergryping en pre-okkupasie met seks is die afwesigheid van die ware.
Belangrike meganismes in seks:
• Eerstens is ons geprogrammeer met hormone in ʼn baie komplekse sisteem wat ons natuurlik laat neig na voortplanting. Die aard van seks word gedryf deur opbou en ontlading.
• Tweedens leer ons om ons seksualiteit uit te druk. Dit word gedrag en is gewoontevormend.
• Derdens verskaf dit enorme plesier. Ek word vinnig weggevoer van pyn en kan maklik ontvlug.
• Vierdens vind daar ʼn chemiese verandering plaas in my liggaam. Ek belewe euforie en well-being. Dit gaan nie net oor body chemistry maar ook oor state of mind.
Dink aan die volgende sleutelwoorde en lees die Skrifgedeeltes met Lectio Divina:
1. Konteks.
Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
Spr 6:27
... Is it a good thing to have sexual relations? Certainly - but only within a certain context. It's good for a man to have a wife, and for a woman to have a husband.
1Cor 7:1-2 Msg
... we must not pursue the kind of sex that avoids commitment and intimacy, leaving us more lonely than ever - the kind of sex that can never "become one."
1Cor 6:17 Ms
2. Selfbeheersing.
Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie ... Spr 6:25
“Why did I reject a disciplined life?
Prov 5:12 Msg
Your heart can be corrupted by lust even quicker than your body. Those leering looks you think nobody notices - they also corrupt.
Matt 5:28 Msg
3. Vertroueling.
Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die
onderwysing van jou moeder nie … Spr 6:20
4. Nagevolge.
20. Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die
onderwysing van jou moeder nie;
21. bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;
22. mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en
jou toespreek as jy wakker word.
23. Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die
teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,
24. om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n
vreemde tong.
25. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie
vang met haar ooglede nie;
26. want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander
se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.
27. Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?
28. Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete
brandwonde kry?
29. So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen
wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.
30. 'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig
nie, omdat hy honger het;
31. en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al
die goed van sy huis moet hy gee.
32. Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe
wil verwoes, hy doen so iets;
33. slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word
nie;
- Spreuke 6: 20-33 -
Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? Spr 6:28 ... hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets ... Spr 6:32
Adultery is a brainless act, soul--destroying, self-destructive; Expect a bloody nose, a black eye, and a reputation ruined for good. Prov 6:32-33 Msg
... en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe. Spr 6:26
5. Stimulasie.
... die gevlei van 'n vreemde tong. Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie … Spr 6:24 en 25.
Keep your distance from such a woman, absolutely stay out of her neigbourhood. Prov 5:8 Msg
6. Genot.
… en verheug jou oor die vrou van jou jeug - die lieflike wildsbokkie en aanvallige steenbokkie; laat haar boesem jou altyd vermaak, mag jy in haar liefde gedurigdeur bedwelmd wees. Spr 5:18 en 19.
Why would you trade enduring intimacies for cheap thrills...? Prov 5:20 Msg
The best thing to do is give it a decent burial and get on with your new life. God's Spirit beckons. There are things to do and places to go! Rom 8:13-14 Msg
Cheers
Theo
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser