My vriend Bernard se seuntjie, Ruven eet 'n appel reg. Hy eet hom met die stingel, pit en stronk – boots and all. Ek verstaan dat die pitte baie gesond is. Ruven eet lemoene anders: Skuifie vir skuifie, gooi die skil weg en spoeg die pitte uit.
Ons kan die lewe vat soos wat Ruven sy appel of lemoen eet: Boots en all of selektief. Twee woorde wat baie daarvoor gebruik word is: Holisties of dualisties. By holisties bedoel ek dat God deel van alles in ons lewe kan word. Dit is hoe Jode oor God dink. Die goeie nuus vir Israel was: Hoor Israel dat jou God Een is! (Deut 6). Die stelling dat God Een is, is nie een of ander dogmatiese stelling oor die Drie-eenheid nie – maar manier van leef met jouself, God en die skepping. Daarom leer die Tora (eerste 5 boeke van die Bybel) jou iets oor buurman se bees wat op jou grond beland, hoe om rente te vra, wat doen jy as jy jou baadtjie uitleen en hoe om te lewe in die harde grind van die lewe en nog meer. Jesus se boodskap se boodskap was ook nie anders nie. Die woord shalom het iets vertel van die eenword wat ons met God, die skepping en ander beleef.
Dualisties beteken bloot: Twee. Dit gebeur wanneer ek my lewe indeel in kompartemente – God bly bo en ek onder. Dit is om die kerk anders as die res van my lewe te maak. Dit is om 'n hemel sonder 'n aarde te soek. Dis om die mens uit die Christen te haal. Die kerk word dan die tuiste van super-gelowiges wat spesialiseer in hulle voorkeur lemoenskyfies. Dan loop jy die pad van U2 wat nie gospel genoeg was nie en buite die kerk moes begin sing het. Of Bob Dylan wat na sy gospel years ook gospel begin soek het op ander plekke.
Wat gebeur as ons na die lewe kyk soos wat Ruven lemoene eet? 'n Honger na meer. Jy kry net deeltjies van hele. Dit is soos seks sonder 'n diep innerlike verbintenis of commitment. Of om vriende te hê sonder opoffering en liefde. Dan sal jy altyd meer moet soek – omdat jy nie kry na dit wat jy soek nie.
Bottomline: Verslawing.
Hierdie week het ek met twee persone gepraat wat op skei staan omdat hulle vroue net te gelowig geword het. Een van my vriende het na hulle bekering geskei – omdat sy vrou danksy haar nuwe geestelike familie – glo dat hule huwelik nie in die hemel gemaak is in hulle BC-jare nie. Hierdie stories klink net so unreal - en in geestelike kringe is die lingo vervolmaak om sulke evil te regverdig. Dis ongelooflik hartseer.
Ons het al gepraat oor wat die evangelie kan doen wanneer dit die gos-pil word. Sondag luister ons na Bernard wat hierdie pad moes loop in Afganistan. Bernard se storie is een van lemoene na appels. Sy storie is nie net meer goeie nuus vir Christene nie, maar ook vir die Afgane.
Lectio Divina
Luk 4:18 -21
God’s Spirit is on me; he’s chosen me to preach the Message of good news tothe poor, Sent me to announce pardon to prisoners and recovery of sight to the blind, To set the burdened and battered free, to announce, “This is God’s year to act!” He rolled up the scroll, handed it back to the assistant, and sat down. Every eye in the place was on him, intent. Then he started in, “You’ve just heard Scripture make history. It came true just now in this place.”
1 Thes 5:23
May God himself, the God who makes everything holy and whole, make you holy and whole, put you together—spirit, soul, and body—and keep you fit for the coming of our Master, Jesus Christ.
Leeswerk en dinktyd
1. Lees gerus die volgende onderhoud met Brian McLaren: www.brianmclaren.net/.../criswell%20theological%20review%20interview.PDF
2. Lees ook die werk van NT Wright oor redding: http://subversiveinfluence.com/2008/07/nt-wright-on-salvation-mission-shaped-church/
3. Lees ook NT Wright se repliek op John Piper se idees oor geregtigheid. http://trevinwax.com/2009/01/13/interview-with-nt-wright-responding-to-piper-on-justification/
Groete
Theo
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser