God het ons met ʼn great oorlewingsmeganisme gemaak. Instinktief kan ons veg of vlug. Die chemiese reaksie of hormoon wat inskop is adrenalien of C9 H13 HO3 vir die toegewyde wetenskaplikes soos Antoon. Indien hierdie meganisme inskop, beleef ek euforie, vitaliteit verhoog, ek word skerper en gefokus. Iets wat elkeen van ons meer as ooit nodig het.
Waarom?
“Humans are Dead” – alias Flight of the Concords - http://www.youtube.com/watch?v=B1BdQcJ2ZYY. Tegnologie het die mens ver-robot en al wat hy kan doen is maar robo-boogie. Hy kan nie meer voel en – en die strewe na voel word al hoe groter. Dis hier waar adrenalien kan help.
In 1974 het Michael Crichton ‘n roman "The Terminal Man" geskryf waarin hy wou wys hoe gevaarlik die mens se brein is wanneer dit aan verkeerde stimulasies oorgegee word. Dit gaan oor 'n persoon wat half-mens-half-masjien is, en elektrodes in sy brein kan stimuleer om sy anti-sosiale gedrag te korrigeer. Kort voor lank ontdek hy die genot van so stimulasie en oorstimuleer die elektrodes en verander in ʼn monster wat mense vernietig. Soortgelyke toetse is op rotte gedoen en daar is bevind dat die rotte sal ophou eet om net die sensasie van die stimulering te ervaar en dan later sal sterf van honger.
Sondag gaan ons gesels oor 'n kultuur wat adrenalien-junkies kweek – as dit waar is dat X-treme sport die vinnigste groeiende sport ter wêreld is – maak dit net soveel meer sin. Wat gebeur in my liggaam?
• Bloed na hoofspiergroepe ek word sterker;
• Bloed word dikker - die gevaar vir ʼn embolisme word groter;
• Hoër bloeddruk;
• Spysvertering word geaffekteer;
• Angstigheid en depressie;
• Groot persentasie mense wat doodgaan aan hartaanvalle het almal vergrote adrenalien kliere;
• ED of emosionele deprivasie, geen konsentrasie, het nie die vermoë om lief te hê nie.
• Kan nie geestelik groei nie - sal nooit tyd hê nie.
Hier is 'n toetsie van Prof Archibald Hart wat ek boots en all dop:
ANTWOORD WAAR OF ONWAAR OP DIE VOLGENDE VRAE: WAAR ONWAAR
1. Ek raak rusteloos as ek niks het om te doen nie.
2. Ek kyk gereeld op my wekker of horlosie.
3. Ek verkies dit om tydens gesprekke dadelik tot die punt te kom, eerder as om praatjies te maak.
4. Mense wat stadig praat, irriteer my.
5. Ek kom agter dat ek dikwels ander mense se sinne vir hulle klaarmaak.
6. Wanneer ek op vakansie gaan, verkies ek 'n plek waar daar baie dinge gebeur, eerder as 'n stil plek.
7. Ek verkies dit om in die vinnige ry in die supermark te staan.
8. Lang vertragings by verkeersligte irriteer my.
9. Ek haat dit om in 'n ry te staan.
10. Ek het dikwels meer dinge om in 'n dag te doen as wat ek tyd het.
11. Wanneer ek probeer aan die slaap raak, dink ek weer aan al die dinge wat ek die dag moes doen, maar nie gedoen gekry het nie.
Lectio Divina
En die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat
hulle gedoen sowel as wat hulle geleer het.
31. En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na 'n
verlate plek en rus 'n bietjie. Want daar was baie wat kom en gaan,
en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.
32. En hulle het met die skuit vertrek na 'n verlate plek in die
eensaamheid.
33. En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en
te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit
gegaan en by Hom vergader.
34. En toe Jesus uitklim, sien Hy 'n groot menigte, en Hy het vir
hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was;
en Hy het hulle baie dinge begin leer.
35. En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en
sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.
36. Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom
kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te
eet nie.
37. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om
te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir twee honderd
pennings brood koop en aan hulle gee om te eet? - Mark 6:30-37-
You're addicted to thrills? What an empty life!
The pursuit of pleasure is never satisfied.
Prov 21:17 – Msg
DINK AAN DIE VOLGENDE GREPE UIT DIE TEKS:
1. Waarom sou rus belangriker wees as die dissiples se geestelike hype?
So then, there is still awaiting a full and complete Sabbath-rest reserved for the [true] people of God; For he who has once entered [God's] rest also has ceased from [the weariness and pain] of human labors, just as God rested from those labors peculiarly His own. (Heb 4:9-10 – Amp)
2. Waarom dink Jesus aan 'n verlate plek as deel van hulle genesing? Waarom is eensaamheid vir Jesus belangrik?
Be still, cease striving, let go, relax and know that I am God. (Ps 46:11)
Yes, wait and hope for and expect the Lord. (Ps 27:14 – Amp)
3. Waarom is mense so laag op die agenda van die dissipels? Waarom vra Jesus hulle iets om te doen terwyl hulle nog so moeg is?
Practice playing second fiddle. (Rom 12:10 – Msg)
... in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. (Fil 2:3)
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser