Hi mede-reisigers op die Via,
Theo het gevra ek moet iets wat met my gebeur het met julle deel...
Ek het die voorreg gehad om Dinsdag deel te wees van 'n ongelooflike uitreik-poging saam met die
Saracens rugbyklub van Londen, Engeland. Die spelers, onder leiding van
Brendan Venter - direkteur van rugby by die Saracens en oud-Springbok - het saam drie nuwe shacks gebou vir mense wat in swak omstandighede in Kayamandi Stellenbosch gebly het.
Dit was 'n ongelooflike ervaring, nie omdat spelers soos Justin Marshall, Brendan Venter en Neil de Kock onder andere daar was nie, maar omdat hierdie spelers en hulle afrigter gedoen het wat Jesus van hulle (en ons!) verwag. As ons in
Matteus 25 lees wat van ons gevra gaan word op die dag wat Jesus sy skape van die bokke skei, sal ons sien dat sulke pogings, wat konkreet mense se lewens verander vir die beter en wat die goeie nuus
hier en nou (in kontras met daarbo iewers, eendag) bring,
presies is waarmee ons besig moet wees.
Ek het so rondgeskarrel dat ek nie kans gehad het om fotos te neem nie, maar Theo het gevra dat ek fotos van die twee vorige shack-bou ervarings waarvan ek deel was op die netwerk laai. Ek werk vir
ekerk.co.za wat 'n
groot invloed beide op die web wêreldwyd en, met noodprojekte, op die grond hier in Suid Afrika het. Dit is deur hulle wat ek blootstelling gekry het aan die idee en die proses van shacks bou. Gaan kyk gerus na die fotos van
April en
Julie se
ekerk 'bou-'n-huis-per-maand' projekte.
Daar is ook op die
Saracens se webblad meer informasie oor die sessie wat Dinsdag (11 Aug '09) plaasgevind het...
Groete
Dries Cronje
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser