Die Here roep elkeen van ons persoonlik - maar ook saam. Die beginsel van die Bybel is dat: 'Een verslaan 1000 maar 2 verslaan 10 000". Ons wil dit ook glo vir InVia. Daarom begeer ons om te weet waarvoor die Here ons saam ook roep. Die afgelope maande het ons probeer om baie van dit wat ons dink en voel by InVia in woorde te sit. Ons gaan die volgende paar weke gesels oor die roeping wat ons glo die Here ook vir InVia het. Die hart van dit wat ons probeer doen is transformasie. Transformasie is iets wat God doen en ons kan slegs soos 'n vroedvrou die proses fasiliteer. Dialoog en ons oorgawe aan die Here (ons praat graag van kontemplasie - 'om God uit die tempel of sy teenwoordigheid te aanskou') help ons om die wêreld om ons te 'lees', bewus te word van God in ons, die pyn van die wêreld te voel en die storie van transformasie met mekaar en ander te deel. Ons hoop en bid dat ons 'n beter greep kan kry op dit wat ons glo en dit 'n radikale skuif in mense se lewens kan beteken!
Jesus taught his disciples how seeds, flowers, birds, ground, fig trees, and people are reflecting Gods presence. They had to ‘read’ the world, experience the God that arises in them in order to feel and resonate with the pain and needs of the world. They then shared this experience through story.
And the story is still emerging…
He is inviting us also to read the ‘signs of the time’ by looking to the landscape of politics, weather, history and everything that surrounds us. How will we know how Christ is coming to our world?
By reading the world within and around us…
Ons wil vanaf volgende week graag foto’s gebruik wat deur julle geneem is en wat ons enige iets kan leer en help om God in en om ons raak te sien.
Stuur asb jou foto’s – en veral van die omgewing waarbinne jy bly. Ons gaan die foto’s in die diens gebruik vir refleksie, gebed en kontemplasie.
Stuur jou foto’s na wilmageyser@gmail.com of laai dit op InVia se web by “foto’s”.
© 2012 Created by Theo Geyser.
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser