InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser


Mag die jaar wat kom mooi wees.


Mag die via's ons neem na plekke waar dit makliker word om transformasie in ons self en ander te ervaar deur 'n diep luister na mekaar en geloofsgewoontes wat ons help om die wêreld vanuit Sy teenwoordigheid laat sien.


InVia gaan 2012 fokus op gebed. Ek hoop dat ons die lewe en vreugde van gebed kan herontdek. Om te reg te bid moet ons soms eers ontslae raak van ons verkeerd bid. Daarom is Jesus passievol om mense bewus te maak van verkeerde gebed.


Gebed gaan nie oor 'n tegniek nie nie maar om te wees, en teenwoordig te wees. Dit gaan oor die somtotaal van my lewe en nie oor hoe ons woorde gebruik nie. Inteendeel soms is die hoogste manie van bid sonder woorde.


Die gebed waarvan Jesus gepraat het neem ons altyd na gebrokenheid, afhanklikheid, letting go en broosheid. Dit neem ons na ons knieë sodat ons op 'n nuwe manier kan opstaan uit gebed.


Ek het toevallig hierdie gedeelte gister gelees:


Rom 8:26-28  If we don't know how or what to pray, it doesn't matter. He does our praying in and for us, making prayer out of our wordless sighs, our aching groans. He knows us far better than we know ourselves, knows our pregnant condition, and keeps us present before God. That's why we can be so sure that every detail in our lives of love for God is worked into something good.


Mag 2012 die jaar wees waar ons kan terugkyk en kon sien en onthou hoe hy in en deur ons gebid het, en hoe bevrydend dit is om teenwoordig en beskikbaar voor God te wees!


Ons sien uit om mekaar weer die 15 Januarie te sien!


Baie liefde


Theo en Wilma





Views: 111

Comment

You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!

Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser

© 2012   Created by Theo Geyser.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service