InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser

Hi!

Ons is BAIE opgewonde oor die volgende paar weke want Lent begin Woensdag, 22 Feb, en ons as gemeente gaan saam op hierdie 40 dae reis voor Paasfees!  Lent is vir baie mense vreemd binne die Protestantse tradisies. Tog is daar 'n baie ryk tradisie wat deur miljoene Christene deur die eeue gevier is. Ons wil ook leer en terugkyk na hierdie wonderlike gewoontes wat mense gehelp het om die Paasverhaal te vier. Dit gaan oor onthouding, belydenis en geloofsgewoontes. Dit begin 22 Feb met As Woensdag. As is soms gebruik wanneer mense hulleself aan God oorgegee het. Dit is ook sedert die 8ste eeue aan mense se voorkoppe gesmeer tydens nagmaal met die woorde: "Onthou dat jy stof is en tot stof terugkeer." Ons is inderdaad mense van stof. Die eerste mens, Adam (adamah) beteken "stof van die grond". Lent gaan oor ons stoflikheid en die terugkeer na afhanklikheid van God.

Father Sergei Bulgakov's se woorde: “ we kill the flesh in order to acquire a body…”



Ons het gedink om hierdie jaar ons reis si-LENT te noem waar ons gaan fokus op die afsondering, ‘laat gaan’ en hereniging of vol maak van die Gees. Ons wil fokus op drie geestelike gewoontes: Vas, die Verwelkomings Gebed en Lectio Divina.

Onthouding gaan oor die onthou van dit wat regtig in die lewe saakmaak en ons afhanklik voor God hou. Dit gaan om te onthou dat die patroon en bloudruk van hierdie lewe bestaan uit dood en lewe. Die weg na die lewe is deur die dood. Lydenstyd neem jou op so reis - 'n reis van afsondering waarbinne God ons transformeer. 'n Reis na die woestyn.


Ons het 'n 40 dae 'spiritual guide' geskryf wat jou op hierdie reis gaan begelei met die doel om die reis na die woestyn (stilte) beter te verstaan.Die materiaal fokus op afsondering, konfrontasies en hereniging (Jesus gaan na die woestyn, word versoek maar ook versterk deur engele). Daar is dagstukke, gebede, meditasies, gedigte en geloofsgewoontes wat sin kan gee aan die reis.  Dit is vanaf Sondag beskikbaar by die dienste in S Wes, Tamboerskloof en Reddam op 'n 4 gig 'memory vault' of "falsh disc" @ R50. Ons wil graag dit beskikbaar maak as 'n elektroniese joernaal wat jy ook in die toekoms kan gebruik vir notas, lesings en materiaal wat InVia beskikbaar gaan maak.
Volgende naweek, 24-26 Feb, het ons ook 'n siLENT Retreat om jou die geleentheid te gee om stil te raak. Ons gaan verskeie 'Practices of Silence' doen, asook geleentheid om die waarde van stilte beter te verstaan en hoe om dit prakties deel te maak van jou besige lewe. Koste R380pp, kinders R200pp. Kry ook ASB die DVD van The Big Silence by die kerk sodat jy dit voor die retreat kan kyk!

AANDAG: Alle ouers met kinders! Ons gaan ook spesiale sessies hê Saterdag met ouers en hul kinders waar ons SAAM met ons kinders "Godly Play" gaan doen en so God kan ervaar en hul van kleins af bewus maak van God IN ons en OM ons. Indien julle net die Saterdag deurkom is koste R100 vir volwassenes en R80 vir kinders. RSVP asb teen Maandag, 20 Feb hoeveel kinders saam kom, aangesien ons voorbereiding moet tref en daar ook helpers gaan wees.

In most religious education children are told what God did.
In Godly Play and Contemplation children discover who God is.


Nog NB datums in siLENT:

28 Feb: Reading:  Kuns-aand saam Danie du Toit: Refleksies en meditasies op die Lydensweg van Christus binne 'n moderne en postmoderne tyd - asook 'n blik op kunswerke in Suid Afrika.  Venue: Sasol Kunsmuseum, Stellenbosch. Koste: R50pp

3 Mrt: Stildag (Stellenbosch) "Jouney into the Dessert" Gerald May se werk word bespreek. Koste R100pp

15 Mrt: Recognizing: Frieda & Lou-Ann se produksie "As jy luister" waarin hulle Sheila Cussons-verse getoonset het. Die produksie word ook op KKNK opgevoer - en Frieda en LouAnn is ook binnekort op Kwêla te sien. Die reis neem jou na Sheila se 'her-kenning' van God in haar lewe. Venue: PJ Olivier Kunsgebou Stellenbosch. Koste: R100pp.

28 Mrt: Resonating: Drumming... (Kaapstad). 'n Fokus op resonering en die hoe klank en ritme ons "beweeg". Koste 100 pp

6 Apr: Retelling: Goeie Vrydag dienste (Somerset Wes & Kaapstad). Saameet en vieringe van Paas!

Kyk gerus op die web by www.invia.org.za vir meer inligting oor bogenoemde geleenthede, of kontak ons.


Hier is 'n aanhaling van Richard Rohr en Thomas Ryan om mee af te sluit...  Ons hoop julle het 'n wonderlike naweek, sien julle Sondag!


What we hope to do this Lent is to try to work together in a more positive form of fasting.  Each week of Lent, we will consciously try to let go of INNER PATTERNS that keep us in our wrong head, our small heart, and outside of our bodies.  The notion is not "sacrifice" as if this, of itself, somehow pleases God, but rather consciously letting go of ATTITUDES and BEHAVIORS that are in the way, that keep me from loving God, loving one another, and loving my own dignity.  We invite you to join us on this journey. R Rohr


Fasting as a religious act increases our sensitivity to that mystery always and everywhere present to us…. It is an invitation to awareness, a call to compassion for the needy, a cry of distress, and a song of joy. It is a discipline of self-restraint, a ritual of purification, and a sanctuary for offerings of atonement. It is a wellspring for the spiritually dry, a compass for the spiritually lost, and inner nourishment for the spiritually hungry.

Thomas Ryan



Theo & Wilma

Views: 90

Comment

You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!

Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser

© 2012   Created by Theo Geyser.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service