Look well at my handpicked servant; I love him so much, take such delight in him. I've placed my Spirit on him; he'll decree justice to the nations. But he won't yell, won't raise his voice; there'll be no commotion in the streets. He won't walk over anyone's feelings, won't push you into a corner. Before you know it, his justice will triumph; the mere sound of his name will signal hope, even among far-off unbelievers. — Matt 12:18-21
Hierdie is 'n opsomming van ons gesprekke die afgelope paar maande om geloofsvorming binne InVia te doen.
Ons besef dat geloofsvorming binne Christelike kringe hoofsaaklik die oordra van informasie beteken. Ongelukkig is hierdie benadering maar slegs 500 jaar oud en het sy ontstaan te danke aan die Verligtingstydperk. Die groep met die regte informasie wen. Dit het gelei tot 33 860 verskillende Christelike denominasies. Informasie het 'n donkerkant — en kom meer as ooit onder die loep binne 'n postmoderne samelewing — wat apaties staan teenoor enige kennis wat onderdruk, beheer en eksploiteer.
Geloofsvorming gaan oor transformasie. Hierdie ervarings was nie net rukwinde, perd-val (Paulus) of hemelse wolke nie — dit het gebeur deur die harde muck-and-grind van die lewe. Om God binne die lewe te ontdek. "God comes to you disguised as your life" — Richard Rohr. Hulle het meer as net 'n Sondag- of opstandingsteologie gehad — hulle kon met oorgawe van Vrydag en die kruis praat en van donker onserkere Saterdag. Van hierdie weg van die kruis of dissiplines is as 'n regula of trillis (steierwerk) gepraat. Die trillis het jou ondersteun, — net soos wat 'n plant gestut word — om na die son te groei. Die trillis het vier fondasies gehad waarmee antieke gelowiges hulle Via probeer verwoord het, naamlik:
Read:
Antieke gelowiges het die Skrifte bestudeer met Lectio Divina (goddelike lees). Hierdie lees het sy ontstaan te danke aan diep Joodse wortels waarmee die eerste gelowiges Jesus gevolg het. Dit het bekend gestaan as die PaRDes: peshat (wat na die voor-die-hand-liggende betekenis van die Skrif verwys), Remez (wat na die diepere betekenis daarvan verwys), Derash (wat na die soeke na God se wil verwys) en Sod (wat na die misterie van die mistieke sin van die teks verwys). Ten diepste gaan dit oor worstel, soek vra, bid en ontmoet. Om te kom op die plek waar die Bybel my lees (Heb4:12).
Die Bybel was nie gesien as 'n wetenskaplike handboek of terapeutiese selfhelp materiaal nie — nog minder 'n feitelike, orals geldende moralistiese wet wat universeël orals geldend is. 'Hoe' gelees was het saam met 'wat' gelees was 'n prioriteitsplek in hierdie dissipline beklee. Die slogan "God said it, I believe and that settles is" sou baie vreemd op die oor van enige gelowige gewees het.
Vir die eerste gelowiges was die Bybel God se storie waarmee elke mens genooi is om die Outeur binne die storie self te ontmoet. Daarom is die stories vir 1,500 jaar vertel en die eerste kerk kon vir 100 jaar Jesus volg sonder die Nuwe Testament soos wat ons dit vandag ken. Die Skrifte is nie net God se plan met die wêreld nie — 'n plan is sistematiese en voorspelbaar — maar eerder God se kom-plot met die wêreld. 'n Plot is 'n storie wat besig is om te ontvou. Binne hierdie storie ontvou elke mens se storie.
Geloofsvorming is met ander woorde nie gesetel in die Bybel per se nie, maar in die persoon van Jesus Christus. Jesus is nie 'n rolspeler in die plan van die Bybel nie. Hy is die Storiekrywer, Regisseur en die Hoofkarakter wat selfs die Bybel herskryf. Dit was die hoofrede waarom die Fariseërs Hom wou dood hê. Die Skrifte wys na Hom (Joh 5:19).
Recognise:
InVia droom om geloofsvorming te fassiliteer wat ten diepste in transformasie gewortel is. Ons dink dat transformasie plaasvind wanneer ons die vermoeë ontwikkel om die bewegings van die Heilige Gees binne en buite ons waar te neem. Die woord wat deur die eeue hiervoor gebruik is, is kontemplasie: Con ("saam") en templum ('n ruimte aangedui deur 'n voëlwiggelaar met sy staf waarbinne hy die vlug van voëls bestudeer ten einde voorspellings te maak). Die woord tempel kom van templum af — waar ek aanskouing doen vanuit die tempel. Thomas Aquinas het bloot gepraat van "a simple, unimpeded and penetrating gaze on the truth." Vir Richard Rohr beteken dit bloot gebed — waar ek nie meer gebede bring nie, maar waar my lewe 'n gebed word. Dit gaan in wese om te kom tot 'n voller verstaan en persoonlike toe-eiening van die waarheid. Dit word soms beskryf as 'n diepe rus wat buite die verstand en emosies lê.
Kontemplasie is beoefen binne die konteks van geloofsgewoontes waarvan die lees van die Bybel baie belangrik was.
Resonating:
Daar is twee ervarings wat transformasie in 'n mens se lewe bring:
Ons eie pyn en die pyn van die wêreld verander ons. Ongelukkig dink ons aan die evangelie as gemak, vooruitgang en 'n versekeringspolis. Die boodskap is egter kruis opneem en volg. Ons volg ook met pyn.
Dit gaan ten diepste om empatie waar die pyn en die seer van die wêreld in ons resoneer. Die Hebreeuse woord beteken: Voel met — en daarom word daar altyd verwys na spesifieke gedeelte in die liggaam (moederskoot, lendene, nek). Empatie beteken:
Daar is boodskappe wat nie soseer deur woorde gekommunikeer word nie, maar deur ons liggaam. Emosies is daardie gees-deeltjies wat in ons liggaam vervoer word wat ons skouers, gesig, mond, plooie, hande ens. dra. Ons noem dit lyftaal. Die taal van die lyf word een van voel en omgee soos wat ons dit sien in vlees-wording van Jesus. Enige godsdiens wat vervreem van die liggaam veroorsaak psigotiese gedrag (David Benner).
The tendencies and feelings that run our life, whether we are aware of it or not, reside in fairly specific parts of our body, and they reveal themselves to others through our body language — in how we 'carry' our bodily parts. They not only govern our immediate responses in action, but also are read with great accuracy by observant people around us and then determine how they react to us. We wear our souls "on our sleeve," even when we ourselves are oblivious to them, and that governs the quality of our relations to others. — Dallas Willard.
Dit wat ons voel — meer as wat ons dink — moet ons neem na via's van Jesus.
Retelling:
"Kerk" is seker 'n filosofiese of etiese gemeenskap, maar voor enige pous, pastoor, biskop of reëls gaan dit oor die mense wat daar saamkom. Jesus self het 'n gemeenskap op aarde begin, en dit toe vir die wêreld agtergelaat deur sy Gees.
Die gemeenskap van like-minded gelowiges is die "kerk". Die like-mindedness gaan nie oor dogmatiese oortuigings nie maar eerder oor verbintenis. En die verbintenis, die gom wat dié gemeenskap bymekaar hou, is ten diepste 'n gedeelde betekenis, 'n manier van dink, 'n gemeenskaplike perspektief en 'n gesamentlike soeke na dit wat WAARHEID is. Die saamwees gaan oor die storie wat God in elkeen individu skryf en ook saam deur 'n tribe skryf. God roep mense alleen en saam met ander.
Ten Slotte
InVia hoop on teen die einde van die jaar ons geloofsvorming binne e-learning formaat beskikbaar te hê. Ons gebruik ook tans Ron Martoia se ttTribe.com in hierdie proses. Ons hoop dat daar verskeie learning communities hieruit gebore sal word wat passievol die via van Jesus sal loop!
Vir registrasie of navrae, kontak gerus vir
Gerda: gerdavonbenecke@gmail.com
Betalings by:
ABSA, InVia
Taknr 632005
Reknr 4077262847
Stuur asb bewys van betaling na
gerdavonbenecke@gmail.com
Die volgende learning communities wil ons graag in die tweede helfte van die jaar begin:
Comment
© 2012 Created by Theo Geyser.
You need to be a member of InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser to add comments!
Join InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser