InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser

Information

InVino

Wie is InVino? Baie meer as net 'n eet- en wynproeklub. Om te eet en te drink gaan oor wat, waar, hoe en hoekom… Oor my, ons en die aarde. Binne stadige etes, lang gesprekke en lui kuiers word tyd heilig en ewig.

Website: http://www.facebook.com/otnip1957#!/home.php?sk=group_104356606303318
Location: Kaapstad
Members: 58
Latest Activity: Feb 11

Discussion Forum

Wilma Enslin-Geyser

Slaai Resepte van InVino 4 Feb 2012

Started by Wilma Enslin-Geyser Feb 11.

Maryke van Zyl

Invino eet by La MOutte 1 Reply

Started by Maryke van Zyl. Last reply by Jacolene Quinn Sep 12, 2011.

Comment Wall

Elzaan Pretorius Comment by Elzaan Pretorius on July 30, 2009 at 4:25pm
sien uit om in die 'magic' te share!e
Mynhardt van Pletsen Comment by Mynhardt van Pletsen on July 30, 2009 at 6:49pm
excellent initiative - check wat vang ons hier in pretoria aan: 12 Dinners In 12 Weeks.

...en so werk die Gees toe wel oor die Karoo!
Antoon de Klerk Comment by Antoon de Klerk on July 31, 2009 at 10:35am
Hehe hierdie gaan rock...
Helmut Meijer Comment by Helmut Meijer on July 31, 2009 at 11:22am
fantastic idee!
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on August 5, 2009 at 10:43am
Exciting! Ek's bly dat daar van julle is wat my en Antoon se opgewondenheid van die inisiatief deel. Kom ons hoop dat ons iets van Jesus se teenwoordigheid en sy tipe saamleef sal ervaar op hierdie aande.

Ons is al 18 lede... Ons laat weet binnekort waar en wanneer geskied die eerste saam eet (en glasie wyn deel...) sessie.

Groete
Dries
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on September 21, 2009 at 3:13pm
Hi julle,

Dankie dat julle die InVino groepie op InVia se sosiale netwerk ge'join' het. Ons sien uit daarna om saam met julle te eet, te kuier, en mekaar beter te leer ken, in dieselfde gees wat Jesus se vroeë kerk saam geëet en hulle lewens met mekaar gedeel het.

Ons eerste byeenkoms is Woensdag aand 14 Oktober 2009 by Chenin Restaurant and Wine Bar in Groenpunt. Dit is aan die goedkoper kant van eetplekke in die stad met 'n 'average main meal' prys van R70. Dit sluit natuurlik nie wyn in nie!

Die restaurant, voorheen The Nose Bar, het 'n lys van ten minste 40 wyne wat per glas bestel kan word, en as ons genoeg is sal hulle ook vir ons 'n spesiale wynproe reël. Hulle het ook kelders op die perseel...

Die ete sal 'a la carte' geskied, oftewel "according to the menu".

So... as jy wil saamgaan, doen die volgende: stuur asseblief vir Dries 'n epos by driescronje@gmail.com en bevestig dat jy kom - noem ook asseblief as jy 'n metgesel saambring - die getalle is belangrik. Jy sal verantwoordelik wees vir jou eie rekening. Vir enige vrae, bel my by 072 5444 364.

En stuur ook asseblief die epos aan ander InVia vriende wat moontlik sal belangstel.

Ons stuur nader aan die tyd aanwysings.

Groete
Die InVino Span
Dries en Antoon
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on March 3, 2010 at 3:07pm
Hi almal

Die eerste InVino gathering vir 2010 is om die draai...

Op Vrydagaand 12 Maart gaan ons in Stellenbosch leer hoe om sushi te maak! Ek sal nog die presiese detail van die adres en tyd aanstuur, maar dit sal heel moontlik 7 uur die aand begin.

Voor ons kostes kan finaliseer moet ons weet hoeveel mense daar gaan wees (so bring gerus vriende saam as jy ietsie wil spaar...). Dit gaan in die omgewing van R100 kos vir die aand (rowwe eerste skatting) wat nie die prys van drankies of wyn insluit nie. So... as jy graag wil kom, stuur asb vir my 'n epos by driescronje@gmail.com en maak seker dat die subject line van die epos InVino sê of insluit - ek wil nie hê enige eposse moet deur my radar glip nie. Sê ook asseblief vir my hoeveel mense kom saam met jou.

Okay - sien binnekort!

Dries
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on April 1, 2010 at 6:12pm
Hi almal!

Dankie vir almal wat ons eerste InVino aand bygewoon het! Dit was 'n fees. Die vonkelwyn was great. Die sushi-maak was 'n ongelooflike ervaring (alhoewel ek dit nog nie weer probeer het nie!) Maar die heel lekkerste was om saam met julle almal te kuier en julle beter te leer ken. Great fun indeed!

Die tweede InVino gathering van die jaar is om die draai. Julle weet mos InVino beteken iets soos 'op wyn'...?

So, Olivia het vir ons 'n lekker kaas- en wynproe aand gereël by Zevenwacht. Jacques, die wynmaker, gaan self met ons gesels en ons sy wyne laat ervaar! My vorige kuier by Jacques saam met Theo en InVia se leiers was een van die oomblikke wat my so groot rooiwyn fan gemaak het...

Die kostes sal die keer onder R50 per kop wees, en ons sal nader aan die tyd (wanneer die bywoner getalle finaal is) laat weet presies hoeveel. En ja, daar sal genoeg kaas wees dat jy nie honger daar wegry nie...! Het jy al ooit honger gely by 'n InVino funksie!?

Dit alles gebeur op Donderdagaand 15 April (nie Vrydagaand soos oorspronklik aangedui nie). Ongelukkig kon Zevenwacht ons nie op die Vrydagaand help nie. Ons sal 7 uur begin.

Laat weet asseblief vir my (driescronje@gmail.com) as jy in is. Jy is ook welkom om enige iemand saam te nooi vir die aand, so laat weet ook in die epos hoeveel julle is. Om seker te maak jou epos glip nie deur my filters nie, sluit asseblief die woord InVino in die 'Subject' van die epos in.

Ons sal nader aan die tyd laat weet presies hoe om by Zevenwacht uit te kom.

Dankie aan Olivia vir al die reëlings! Ons is seker dit gaan 'n groot sukses wees...

Groete,
Dries Cronje
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on August 20, 2010 at 4:12pm
Hi Julle!

Ons volgende Invino-aand is 25 Augustus om 18:30 vir 19:00 by Oemf Eethuis in Stellenbosch (besoek gerus hul pragtige nuwe webwerf by http://www.oemf.co.za ). Suzaan en Anita gaan ons op ’n reis vat om te ontdek hoe wonderlik wyn en kos mekaar komplimenteer! Dit gaan ’n heerlike interaktiewe aand wees waartydens ons ses verskillende wyne en "tasters" gaan geniet, en saam gesels en leer oor die smake, teksture en geure van elk!

Die koste beloop R120 per persoon, betaalbaar op die aand (as jy kan, bring asb die presiese bedrag!)

RSVP asseblief teen 22 Augustus per epos by Jenny (jennifermid@gmail.com) of telefonies by Maryke - 071 859 6605 - of Olivia - 084 840 0844 - indien jy by ons wil aansluit!

Groete
Die InVino Span
Dries Cronje Comment by Dries Cronje on December 6, 2010 at 12:54pm
Hi julle,

Join asseblief die InVino Facebook groep vir inligting in die toekoms.

http://www.facebook.com/home.php?sk=group_104356606303318&ap=1

Groete
Dries Cronje

Comment

You need to be a member of InVino to add comments!

 

Members (58)

Jacolene Quinn Maryke van Zyl Wilma Enslin-Geyser Isabella Meyer Hetty Badedenhorst Maarten Venter Etienne van der Walt Lynelle Pieterse Nadine Mostert Ronel van Tonder Andriette Theron Jacqui Crittenden Paul Papenfus carin nel Louw Barnardt Ingrid Bremer Elana van Brakel Riaan van Brakel Inge Anderssen Jaco de Kock Stephanie de Kock Wim van Zyl Tharo Pretorius Rudolf Perold David Krige Theo Geyser Francois Genis hannelore olivier Martin Jacobs Henno Vermaak
 
 
 

© 2012   Created by Theo Geyser.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service