'n Kleingroep jong werkendes wat bymekaar kom om oor die dinge van die Here te gesels en in mekaar se reise te deel.
Location: Hillendale Flat 12, 28 Kloofnek street, Tamboerskloof
Members: 17
Latest Activity: on Tuesday
"For where two or three are gathered in My name, I am there among them." - Matt 18:20
Die reis as jong werkende Christen in Kaapstad in die hoë spoed samelewing van vandag is ‘n groot uitdaging. Werk, speel, leer, groei – en die handhaaf van balans tussen dit alles deur.
Conversations@Kloofnek is 'n kleingroep waar ons bymekaar kom om oor die dinge van die Here te praat, mekaar te leer ken, vrae te vra en gemeenskap te bou om sodoende die liggaam van Christus te versterk en te verenig. Ons leer by mekaar en raak deel van ander se reise om ons eie paadjie en die pad van die Here beter te verstaan. Kom gesels saam oor die kerk en ons tema, oor Christenskap, leierskap en burgerskap, oor die Woord en die planne van ons Verlosser, en sommer net oor alles wat in jou lewe aan die gang is.
“Een kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. ‘n Driedubbele tou breek nie maklik nie.” Pred 4:12
This group does not have any discussions yet.
Hallo almal!
Hierdie is 'n groot week, want soos julle weet begin ons Woensdag met ons 40 dae journey na die Groot Naweek toe. Nadia het 'n awesome voorstel gehad:
"Woensdag begin Lent mos (Ash Wednesday), wat Dinsdag Shrove Tuesday maak (http://en.wikipedia.org/wiki/Shrove_Tuesday).
Nou, op universiteit het ek 'n paark katolieke maatjies gehad wat elke Shrove Tuesday celebrate het met 'n pannekoek (en tequila) aand. So, ek het gewonder of ons dalk dieselfde kan doen, minus die tequila natuurlik en plus wyn dalkies :)
Wikipedia verduidelik die tradisie soos volg: "Pancakes are eaten as they are made out of the main foods available, sugar, fat, flour and eggs, whose consumption was traditionally restricted during the ritual fasting associated with Lent."
Dink dis ook dalk 'n fun manier om die tydperk van vas, stilte en soul searching af te skop."
Sy bring vir ons pancake mix saam! As so tweede groeplid 'n wyntjie kan saambring, gaan ons Dinsdag een vir die rekordboeke kan maak. Gaan lees solank bietjie op oor die 40 dae journey, en dink aan wat dit is wat jy op jou hart het om te vas die volgende ruk. Ons gesels die dinge lekker deur Dinsdagaand 7h in Kloofnekstraat soos altyd.
Blessings=)
Ek sal 'n bottel wyn saambring. Sien julle dan.
Ek bring ook 'n bottel :)
Sjoe - dis 'n great idee!! Ek gaan ook sommer vanaand pannekoek bak!! Enjoy!
Comment
© 2012 Created by Theo Geyser.
You need to be a member of Conversations@Kloofnek to add comments!