InVia | Kaapstad Gemeente | Theo Geyser

Wat dink jy? Ek haat kerklidmaatskap maar ek Love rooiwyn


Views: 48

Reply to This

Replies to This Discussion

Ons/ek wil baie graag hoor wat sê ons oor lidmaatskap. So hier word elkeen uitgenooi om toys te gooi en af te breek en nuut te skep. Miskien moet ons 'n vertrek punt vir elkeen wat aan hierdie gesprek bydrae bied met die volgende vrae wat jy kan beantwoord hier op die web:

Vraag 1: Wat is die 2 goed wat jou die meeste afsit van die idee van kerk lidmaatskap?

Vraag 2: Wat is die 2 goed wat - indien enigsins - jy as bestandeel sal wil sien/droom van by InVia?

Great stuff - sien uit na almal se bydraes...and please do rant and rave.
Okay...

Ek hou baie van die metafoor van wyn. En ek hou ook van rooiwyn. Jesus het gesê dat nuwe wyn in nuwe wynsakke moet kom... Dit impliseer tog 'n wynsak van die een of ander aard.

Lidmaatskap is vir my ook 'n taai toffie. Ek dink tog dit is nodig vir 'n mate van verbintenis en inkoop in die werk van die gemeente. Solank 'belonging' net nie die hoof doel raak nie! Vir Jesus was die doel altyd 'transformation' oftewel 'spiritual formation' in derde millenium taal.

Ek dink dit kan baie help om oor 'n glas van die wyn waarvoor ons so lief is te sit en praat en droom, en te kyk of daar nie idees opkom nie - idees oor hoe om lidmaatskap te bewerkstellig waar dit meer gaan oor groei en gesondword as oor deel wees van 'n 'select club'.

Dries
Ek het vergeet om die vrae te antwoord!

Vraag 1:

a. Die ding wat my die heel meeste afgesit het van lidmaatskap in van die vorige kerke waar ek was, was dat mense wat lidmate is nie noodwendig omgee vir mekaar of belangstel om mekeer te leer ken nie. Daar is 'n vriendelike knik as jy verbystap, en iemand ken selfs dalk jou naam, maar daar was geen werklike saamloop op die Jesus journey met mekaar nie.

b. Dan ook... Ons almal volg Jesus as die Christus, en het nie lidmaatskap van enige kerk nodig om in 'n liefdesverhouding met God te wees nie. So, as dit niks beteken nie, dan is ek nie in nie.

Maar as ek die 'negatives' noem, moet ek seker ook die 'positives' noem:

Vraag 2:

a. Ek dink as mens op reis is saam met mense dan wil jy graag bydra tot die 'common good.' As lidmaatskap iets is wat my help om my verantwoordelikheid (om by te dra, te help, en te ondersteun) laat uitleef dan is ek 'all for it'. Ek moet dan net die regte plek kry om 'n lidmaat te wees, en tans is daai plek vir my InVia. Maar, soos ek sê daar is vir my 'n gevaar as dit begin gaan oor 'belonging'. So...

b. Ek voel dat lidmate moet nie maar net lidmate wees oor die status wat dit hulle bied nie. Ek dink daar moet transformasie wees - dalk kan InVia se lidmate mense wees wat hulself verbind daartoe om verantwoordelikheid te neem vir die dissiplines, leerwerk en oefeninge wat dit sal moontlik maak vir God om hulle te lei na die uitleef van Jesus se nuwe realiteit - die koninkryk van God - en die voltydse bewustheid van God se teenwoordigheid by hulle.

Okay - dis maar net my 2 sent.

Dries

Ek staam met Dries.

Ek verkies die woord vennootskap bo lidmaatskap. Vir my impliseer dit 'n wedersydse verhouding,elke vennoot(of dit In Via, Theo, Wilma, ek of jy is) wat volgens sy talente/vermoens (of wat mens dit ookal wil noem) 'n bydrae lewer tot voordeel van die  vennootskap.

Ek voel daar moet tog 'n formele verbintenis in die opsig wees om sodoende praktiese reelings te vergemaklik.(lees hier begrotings en dies meer) - julle kan duidelik sien dat ek besigheidsgeorienteerd en prakties is ne?

Dalk mis ek die bus?

Zelda

 

 

 

Reply to Discussion

RSS

© 2012   Created by Theo Geyser.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service