InVia | THEO-logy » Waarheid

Shirley
Vandag is hartseer.

Shriley is oorlede.

Sy was 48 jaar oud – dit maak dit soveel erger. Ek weet self nie hoekom eis ek ‘n lang lewe by God nie – en hoekom ek opstandig word as die Here toelaat dat iemand se lewe geneem word nie. Ek hou nie van begrafnishou nie – dis soms plastiek. Ek onthou die opmerking van ‘n vrou oor haar man se begrafnis: Ek wens ek het die man geken waarvan hulle daar gepraat het…

Ek staan en kyk na al die mense by die huis in Vlaeberg wat langs die Vlaeberg tennisklub staan. Dit is nou ‘n kerkie. Die gemeente kon skuif uit die klaskamer van die verlate plaasskool nadat die boere van Vlaeberg ingewillig het dat Johannes die huis langs die tennisklub by hulle kon huur. Die huis kan omtrent 120 mense akkomodeer. Daar is minstes 500 mense by die begrafnis. Mense kom met busse, tax’is en elke moontlike geleentheid. Mense groet mekaar, druk mekaar en huil. Binne speel daar musiek en die gemeente sing passievol.

Die diens begin 9h00.

Hulde word aan Shirley gebring. Pastoor Williams vertel hoe Johannes en Shirley hom onder die invloed van dwelms by sy huis in Woescter kom haal het. Hy moes by hulle bly – en was baie bang vir sedepreke. Hy het nie sedepreke gekry nie maar liefde.  Vandag is hy ook in die bediening. Ek hoor hoe pastoor Matroos en sy vrou vertel dat haar kinders van Shirley se melk kon drink – geld was skaars. Toe die kind die tiettie begin byt het hulle geweet die kind is nou groot genoeg. Ek hoor jou kinders is my kinders. Hulle vertel dat die tye wat daar nie kos was nie kon hulle vir Shirley en Johannes bel – die hoofdis was altyd kool met hoedermagies. Die gehoor skater van die lag – hulle ken van kool en hoendermagies. Dit was die maerjare. Pastoor Jenny Arendse vertel hoe Shirley reguit kan praat – roede met liefde was een ding. Pastoor Smith vertel dat hy kom van die country en wou nie in Johannes se huis in gaan nie – want hulle is grênd mense – net om die nederigste mense ooit te ontmoet. Pastoor Meyers se ontmoeting met Johannes en Shriley het hom na die bediening geroep. Hy vertel dat Shirley altyd lag – Sy is brights. Shirley het altyd gelag – hulle het van haar gesê… Suster jy’s op bright – dim djou lights man!! Dan sing die De Koker susters. Johannes en sy dogter Daylene bring hulde aan die wonderlikste vrou en ma in hulle lewe. Dan begin Johannes spontaan sing sonder begeleiding – die laaste lied wat hy en Shirley laas in die motor saam gesing het: “Everyday with Jesus is sweeter than the day before…”

Terwyl hy sing vloei die trane oor die wange van die gemeente. Dan begin almal saam te sing.

Ek moet preek. Ek voel die knop in my keel. Ek is geraak deur die begrafnisredes wat nie vae veralgemenings of cliché’s is nie, maar woorde wat net vriende vir mekaar kan sê – dis diep, persoonlik en intiem. Shirley het gevra vir ‘n ware Pinkster begrafnis. Ek moet my lyf Pinkster hou – ek ken van – die AGS en ander Charismatiese kerke het my goed geleer. Vir ‘n oomblik vergeet ek waar ek is en leef en voel saam met die mense wat saam met my preek met amen’s en hallelujah’s.

Na die preek kom groet die gemeente oulaas vir Shriley. Die kis word oopgemaak. Mense kom bring vir oulaas ‘n huldeblyk. Hierdie keer met ‘n soen, of ‘n streel oor Skriley se wange. Daylene en Melinda vertel my dat hulle self die lyk gewas het. Dis baie vreemd vir my – ek dink aan hoe anders Witmense met die dood omgaan.  Dit is onnatuurlik en hospitale en tegnologie hanteer die dood vir die wat dit kan bekostig.

By die onthaal maak Johannes se broers musiek. Dis jazz, country en gospel op sy beste. Mense sing en lag. Spontaan neem verskillende persone die mikrofoon en sing met oorgawe. Stories Shirley word vertel – mooi stories. Ek en Wilma gesels met Johannes, Daylene en die jongste dogter, Melinda. Ons praat oor die pad wat voorlê. Daylene het werk in Dubai en haar dogtertjie, Shirlene het by Shriley en Johannes gebly. Ons wonder wie kan Shirlene se nuwe ouma word. Melinda swot B.Sc. en hoop om vir medies gekeur te word. Geld is skaars – hulle sal God moet vertrou vir ‘n wonderwerk.

Om 15h40 het ek en Wilma huistoe gegaan. Ek voel hartseer maar ook lig. Hartseer oor die enorme verlies en die pad wat Johannes, Daylene en Melinda en klein Shirlene moet loop. Lig omdat ek iets in die dood sien wat lewe is. ‘n Lewe wat kom met sielsgenote en reisgenote wat die begrafniskaartjies stuur nie maar wat self daar teenwoordig is. Dit is nie stories wat iemand ‘n celebrity probeer maak nie – dis ‘n celebrity wat klaar die stories kom leef het.

Shirley is weg – maar diep teenwoordig in hulle wat agterbly. Ek dink aan die woorde: Die beste dinge in die lewe – is nie dinge nie.

Die vrou van wie daar gepraat is het almal geken.

52 weke in Julie
Die 52 weke in Julie is die langste maand van die jaar. Daar kom sulke maande en dan voel dit of die winter nie kan ophou nie.

Winter stroop ons van alles wat ons bedek – alles word teruggegee aan die aarde –  jy is dan naak en moet jouself face. Daar is winters wat nie net deur murg en been sny nie maar ook deur harte. Brose en tere harte word dan gesien. Wanneer ons nie meer kan toemaak nie, is wanneer God vir ons begin oopmaak. Teresa van Avila het geglo een dag van selfkennis is beter ‘n duisend dae in gebed. Meister Eckhardt het ook geglo dat kennis van God voorveronderstel selfkennis. In die jaar wat verby is het ek en Wilma baie oor onsself geleer. Ons het nie noodwendig die korrekte greep op of die volledige verstaan van lyding en geloof gekry nie – maar voel eerder meer bewus van God se greep op wie óns is en behoort te wees.

Antieke gelowiges het geglo dat die winter ons voorberei vir wedergeboortes. Geboortes vind plaas wanneer ons kan sien wie ons werklik is – dit is die gawe wat winter aan ons gee. Dit maak ons gereed vir  nuwe ‘n seisoen.

Dan kom die lente…

Vandag is vir ons die mooiste lentedag – ons vier Lucca se verjaarsdag – met klem op party! Purity, ballonne, koek, kerse en foto’s gee ‘n nuwe betekenis aan die gewone in ons huis. Die familie het laer getrek. Daar is nie plek vir almal in ons huis nie en ‘n paar slaap op die vloer. Koos slaap op die harde leerbank – sy snork het hom ‘n gereelde banneling. Milan en Ivan speel Playstation tot 3h00 in die oggendure! Lucca is op ‘n high en mis sy nodige slapies.

Lucca is op almal se lippe. Hy moet dink hy is ‘n celebrity! Ek en Wilma het seker 10 keer al genoem dat ons so bly is dat dit nie die 3 Julie 2008 is nie. Ons kan nie anders as om kort-kort onsself te herinner aan die angs van ‘n jaar terug nie. Alhoewel Lucca elke week fisioterapie moet kry, gereelde inspuitings en ons tans besig is met die voorbereiding vir sy laaste operasie, sien ons die tekens van hoop en lewe.

As ek dink aan die lente se tekens van hoop dan sal ek graag vir Lucca die volgende wil leer.

Lente sê:

•	Die beste manier van leef is plat op die aarde. Die woord humaan kom van die woord humus. Dit is die woord wat vir kompos gebruik word. Hoe nader ons aan die aarde leef hoe nader kom ons aan menswees en geestelikheid. Ek hou baie van die Message- vertaling van 1 Kor 15:48: The first man was made out of the earth, and people since then are earthy. Modder op die gesig is vir elke mens beskore. Die begin van die lente is nat en modderig. Die koringkorrel moet sterf om vrug te dra. Dit is waar die woord humility vandaan kom. Ons vernederings of nederig-word maak ons waarlik mens. Tekens van hoop beteken nie dat ons volmaak is of word nie, maar eerder dat ons nader kom aan die plek waar die regte dinge ons lewe kan oorneem.

•	Klein is baie groot. Die begin van lente is nie groot nie. Klein lote skiet uit die grond – soms niksseggende knoppies wat begin bot. Ongelukkig is ons makro-bedwelm. Ons glo dat die meerderheid altyd reg is en dat sukses aan getalle, geboue en geld gemeet word. Het ons Saggaría 4:10 vergeet? Waarom kon die wyses van die dag Jesus nie binne ‘n vuil stal of op ‘n donkie raaksien nie? Dalk soek ons vandag nog steeds hoop op verkeerde plekke.

•	Die aarde bied ons vensters op die hemel. Lente is die tyd om skoonheid te geniet en jouself daarin te verloor. Dostoyevsky het geglo skoonheid kan die wêreld red. Ek glo dit ook. Wat is dit in Paulus wat in ‘n tronk mense aanmoedig om hulle in God bly te maak en om aan alles te dink wat eerdaar en mooi is? (Fil 4:8) Waarom is dit so maklik om die lelik te sien en so moeilik om die mooi te sien? Vader Schememann van die Russiese Ortodokse kerk reken dat die definisie van ‘n Christen is om God orals te sien. Selfs in eenvoudige dinge en dit wat reg voor jou is. Skoonheid gaan nie oor die kommunikasie van boodskappe nie (soos wat baie mense van kuns glo nie) – dit gaan eerder oor kontemplasie, om na te dink en ontvanklik te word vir nuwe verassings en te sien wat jy nog nooit gesien het nie. Dan sien ons die mooi in ons aardsheid en neem kennis van die vergete poësie in die strate.

Lucca is ‘n jaar oud.

Dis weer 3 Julie – sonder 52 weke.

Hierdie keer 2009.

Dit was ‘n goeie jaar.

In die Naam van Sola Scriptura
“Die waarheid en niks minder as die volle waarheid nie”.

Dit is die woorde wat in elke hof gesê word. Wat ironies is, is dat albei partye wat mekaar dagvaar hulle beroep op waarheid. Kan waarheid twee kante hê? Dit het, vra enige tronkvoël – almal is onskuldig. Waarheid het twee kante en dis waarom daar regters is. At the end of the day, soos Naas sou sê, is dit waar waarheid beslis word. Die regter neem die besluit.

‘n Ruk gelede het ‘n  meisie my goed laat verstaan dat daar net een kerk in Stellenbosch is wat die Bybel preek, en dit is $%#@!. Ek was teleurgestel omdat dit nie ons gemeente is nie. Op ‘n manier glo ek dat ons darem ook die Bybel in sy suiwerste Sola Scriptura (dit beteken net die Skrif alleen) nastreef. As ek eerlik dink oor wat ek glo en bely dan word ek bedreig deur mense wat van my verskil. Ek het ‘n arsenaal teksies wat ek kan vuur op my opponente. En ek weet, hulle het ook baie vir my. Dit het ek Saterdag weer gehoor by ‘n  troue. Die klankman vertel my dat hy doen klank by ‘n sekere kerk in Stellenbosch en wil baie graag na ons toe kom, maar sy pastoor het hom ernstig vermaan van die diepe dwalinge waaraan hy blootgestel sal word. Ek het geen probleem met die vermaning nie. Ek het geen twyfel dat ek ook dwaal. Ek weet net nie altyd waar ek dwaal nie, en die feit dat ek Sola Scriptura bely maak my ook nie immuun teen dwaling nie.

Indien God werklik ontoeganklike lig bewoon (1 Tim 6:16), ondeurgrondelik en onnaspeurlik (Rom 11:33) en onuitspreeklik (2 Kor 12:4) is, raak dit riskant om God se plek te eis in die naam van Sola Scriptura. ‘n Beter vraag oor hierdie Skrifte moet seker wees: Waar moet ons die lig soek as dit ontoeganklik is? Waarom teologie probeer doen as God dan onuitspreeklik is?

Jode het die naam van God, YHWH, sonder klinkers geskryf omdat hulle bang was dat hulle ‘n fout sou maak. Daarom word die korrekte uitspraak ook onmoontlik. Ons word herinner dat die korrekte naam baie on-korrek is en op ‘n manier onmoontlik is om te sê.  My soektog is binne misterie. In hierdie naam kry ek woorde waar God self die vokale word van dit wat jy probeer sê.

Die Hervorming is gebore uit die nagloed van die Verligting.  Deel van die projek was om misterie te kon verklaar. Die kerk moes homself ook verwoord teen die wetenskap wat alles kon verklaar. In die naam van Sola Scriptura kon die kerk saam met die wetenskap God verstaanbaar en meer aantreklik maak. Met die Hervorming is die gesag van die institusie of kerk vervang met die gesag van die Bybel. Dit was ook die geboorte van ‘n ideologiese bloedbad en intellektuele afgodery wat die Christendom op gesnipper het in vyandige denominasionele bastions. Alles in die naam van Sola Scriptura.

Wanneer ek sê dit staan in die Bybel dan sê ek niks meer as my voorveronderstelling of aannames oor dit wat in die Bybel staan nie. My Sola Scriptura is nie God nie. Anders kan ek nooit afstand doen van enige standpunte oor God nie. Nog minder kan ek Sola Scriptura gebruik om God minder of meer te maak as wat Hy is. Ek sukkel ook met die stelling: Ek praat nou oor of van God. Ek praat eerder oor en van my verstaan van God. My verstaan van God is anders as wie God is. Die teologiese diskoers oorskry taal. Dit is ‘n taal wat in liefde uitgedruk word sonder om God deur die taal gevange te neem.

Daarom het Meister Eckhart gepraat van forsaking God for the sake of God. Of in Tillich se woorde: The God beyond God.

Ek hoop dat ek my heil in die Naam van sola scriptura kan vind. Dan sal die strewe om te interpreteer hopelik ondergeskik word aan die strewe om lief te hê.

Dit is oor liefde wat die Regter moet besluit.